3 Julie 2023
‘n Nelore koei, het onlangs ‘n rekord opgestel vir vermoedelik die duurste dier wat nog ooit by ‘n veiling verkoop is.
33% van die vier jaar oue koei van Brasilië is onlangs by ‘n veiling verkoop vir $1,44-miljoen of sowat R26,3-miljoen. Dit bring die totale waarde van die koei tot op $4,3-miljoen, of sowat R80,8-miljoen.
Die eerste twee Nelore beeste het in 1868 in Brasilië aangekom.
Volgens landbou kenners is die Nelore spesie uiters waardevol weens genetiese kenmerke soos die feit dat hulle in baie warm klimate kan oorleef. Hulle het ook ‘n groot weerstand teen parasietsiektes.
Hierdie spesies se kalfies kort ook byna geen versorging van mense nie, aangesien hulle sterk is en dadelik aan hulle ma sal drink nadat hulle gebore is.
In Suid-Afrika is die Brahman- en Ankole spesies die mees waardevol.