Kobus Wiese in hospitaal na hartaanval

Deur on

8 April 2021

Die voormalige Springbok rugbyspeler, Kobus Wiese is na die Mediclinic Panorama-hospitaal in Kaapstad gejaag, nadat hy ‘n hartaanval gehad het.

Die 56-jarige Wiese sal volgens berigte vir die volgende 72 uur in die hospitaal moet wees.

Volgens Wiese se vriend en ook oud-Springbok, Toks van der Linde was Wiese gistermiddag saam met sy vrou, Belinda toe hy begin sleg voel het.

Kobus Wiese.

Hy het glo reeds ‘n hartomleidingsoperasie ondergaan. Volgens Van der Linde gaan dit goed met Wiese.

Die Hoërskool Gimnasium Paarl, waarvan Wiese ‘n leerling was en ook ambassadeur van die skool het op hulle Facebook-blad hom ‘n spoedige herstel toegewens.


Lees verder

Current track

Title

Artist