KLANKKOERANT LANDBOU SEPTEMBER 2023

Deur on

Ons gesels landbousake! Vir navrae e-pos jake@klankkoerant.co.za

Johan van den Berg gesels oor weersake, Namibië staak hoendervleis invoere vanaf SA weens die voëlgriep
En Wildbedryf SA reageer oor die kabinet se strategiese plan vir die bedryf.
Kry die jongste landboupryse, Agri Wes-Kaap deel meer oor die vloede en storms en hoe dit landbou in die provinsie raak
En die LUR vir landbou in die Wes-Kaap, dr Ivan Meyer, vertel hoe sy departement die boere en gemeenskap in die tyd bystaan.
Meer oor die TV-program Boerbokke, Bayer Crop Science het ‘n studie onder boere in die wêreld gedoen oor volhoubare landbou en ons gesels met ‘n veearts oor die groot probleem wat betref voëlgriep.
Klankkoerant Landbou: Ons kry meer besonderhede oor melkinvoere, Esmarie Yssel gee vir ons die jongste damverslag en ons blaai deur die nuutste uitgawe van die Landbouweekblad.
In Klankkoerant Landbou: TLUSA bied `n golfdag ten bate van die TLUSA Traumafonds aan, ons kry die jongste weervooruitsigte by onafhanklike landbouweerkundige, Johan van den Berg en kyk na VKB se jaarresultate.
In Klankkoerant Landbou: AfriForum, Saai en verskeie ander rolspelers in die landbousektor het op n Landelike Veiligheidskonferensie ooreengekom om plaasaanvalle en landelike misdaad deur middel van ’n samewerkende strategie hok te slaan, ten spyte vann moeilike verwerkingsseisoen is verskeie rospelers in die suikerbedryf positief oor die afgelope jaar se prestasie en ons kry meer besonderhede oor die jongste landboupryse by dr Johnny van der Merwe van AMT.
‘n Moontlike tekort aan kunsmis word glo vir vanjaar verwag, Europa wil die eerste klimaatneutrale vasteland wees, wat sal dit vir SA se landbou-uitvoere beteken en meer besonderhede oor Landbouskrywers SA se boer van die jaar kompetisie
Ons deel die damverslag en blaai deur die landbouweekblad
Meer oor dag twee van Nampo Kaap by Bredasdorp Park, Johan van den Berg deel met ons die jongste weervooruitsigte en die Balfour boerevereniging het verskeie toekennings by TLU SA kongres ingewin.
Dr Johan van der Merwe deel die jongste landboupryse, Alan Winde besoek Nampo Kaap by Bredasdorp Park. en Agri SA gesels oor die departement van landbou se mislukte Agri-hubs.
Meer besonderhede oor Agbiz Grain se graansimposium, die Goliat van Gat pampoenfees mik om in die volgende jaar ‘n pampoen wat een ton weeg te groei. Vanjaar se rekord is 890KG en ons gesels met ‘n boer van Mpumalanga wat na bewering saam sy gesin van hul plaas met vuurwapens verjaag is.
Vandag 1 jaar terug het die slikramp in Jagersfontein ontstaan, die FAK het ‘n petisie opgestel om die Noor-Wes Landboumuseum te beskerm en minder lemoene is na die EU uitgevoer.
Ons deel die damverslag en blaai deur die landbouweekblad
Boere kry waterrekeninge wat terugdateer na 2002, Johan van den Berg deel die jongste weervooruitsigte en die departement van landbou se DG wil die landboumeesterplan laat werk
KKLandbou regstreeks by TLU SA kongres: Bennie van Zyl gesels oor die 126ste bestaansjaar van TLU SA, Dawie Maree gesels oor die rol van banke in landbou en Pieter Cloete van Agri Oos-Kaap gesels oor samewerking tussen die boere.
Meer oor beesvleisuitvoere vanaf Namibië na VAE, dieselprys reaksie en ons kry besonderhede oor Agri CEO forum
Minstens 10 veldbrande is in die Vrystaat die afgelope naweek aangemeld, terwyl hittegolwe, droogte, verwoestende brande en kitsvloede in Europa op hul knieë het en boere en die gemeenskap van Vivo in Limpopo maak gereed vir vanjaar se Vivo boeredag.
Ons deel die damverslag en blaai deur die landbouweekblad

Current track

Title

Artist