Ons gesels landbousake! Vir navrae e-pos elsa@klankkoerant.co.za
1.Ons fokus op bek-en-klouseer en vind uit wat die huidige stand van sake rakende die veesiekte in die land is. 2.Ons gaan voort en sluit af met die gesprek oor bek-en-klouseer. 3.Ons vind uit watter weerverskynsels tans ’n impak op landbou het.
1.Ons fokus op die landboumarkte wanneer Johnny van der Merwe van AMT sy verslag met ons deel. (Vleispryse) 2.Tweede deel van Johnny se verslag oor die landboumarkte. (Graanmarkte) 3.Ons maak kennis met die nuwe voorsitter van die Suid-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging, Gerrit van der Merwe en vind uit wat die huidige stand van sake rakende die sitrusbedryf behels.
1.Ons hoor gereeld van die ekonomiese impak van die droogte op landbou in Suid-Afrika, maar wat behels die emosionele uitwerking daarvan op boere? Die uitvoerende hoof van Agri SA, Johann Kotzé gesels daaroor. 2.Ons gesels verder oor die impak van die droogte op landbou. 3.Ons fokus weer op een van die tien projekte wat Red Meat Industry Services vanjaar van stapel gestuur het wat ’n bydrae tot die rooivleisbedryf sal lewer.
1.Ons neem die watersituasie in die landbousektor onder die loep om vas te stel of boere bekommerd moet wees na aanleiding van berigte dat ’n watertekort in Suid-Afrika dreig, wanneer die voorsitter van die globale netwerk op waterskaarste in landbou Felix Reinders sy insig deel. 2.Ons gaan voort met die gesprek oor water en landbou. 3.Ons sluit af met die gesprek oor die situasie wat water in landbou betref.
1.Ons fokus op die weerverskynsels wat tans ’n impak op die landbousektor het, wanneer die onafhanklike landbouweerkundige, Johan van den Berg meer uitbrei. 2.Weeklikse damverslag 3.LandbouWeekblad gesels oor ’n paar stories waaroor hulle in die jongste uitgawe berig.
1.Ons fokus op die landboumarkte wanneer Johnny van der Merwe van AMT sy verslag met ons deel. 2.Tweede deel van Johnny se verslag oor die landboumarkte. 3.Ons fokus op vee en brommer-maaiers wat in wonde voorkom. Dokter Danie Odendaal van Veearts Netwerk gesels nou oor die kwessie.
1.Ons fokus op die toekoms van die aartappelbedryf en veral die rol van tegnologie wanneer Willie Jacobs van Aartappels Suid-Afrika meer uitbrei. 2.Die TLU SA Jongboer van die Jaar-kompetisie se inskrywings is nou oop. Clemens Senekal gesels daaroor. 3.Ons vind uit wat die afgelope naweek by die Goliat van Gat-Pampoenfees gebeur het, wanneer Henri Combrink meer vertel.
1.Die Wes-Kaapse minister van landbou, Ivan Meyer, gesels oor landbou-opleiding en -ontwikkeling in die Wes-Kaap. 2.Ons fokus op die beoogde Wes-Kaapse Provinsiale Magte Wetsontwerp en wat dit vir Landbou in die Wes-Kaap kan inhou, wanneer Ivan Meyer meer uitbrei. 3.Dawie Maree van FNB Landbou gesels oor werksgeleenthede en werkskepping in die landbou sektor.
1. Vrystaatse boere is bekommerd oor hulle nie meer rampverligting gaan ontvang nie. 2. Ons vind uit wat is die stand van die damme in die land is 3. En blaai deur die jongste uitgawe van die Landbouweekblad
1.Dirk Hanekom van Agri All Africa gesels oor of daar werklik ’n behoefte bestaan om boerderymetodes aan te pas om produktiwiteit in die landbousektor te verhoog. 2.Dirk Hanekom gesels verder oor landbou in Suid-Afrika en die res van Afrika. 3.Die onafhanklike weerkundige Johan van den Berg gesels oor die huidige weerstoestande wat die landbousektor beïnvloed.
1.Die pluimveebedryf is ontstig oor ’n tekort aan hoendervleis, maar is daar werklik ’n tekort wat dreig? Die hoofbestuurder van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging, Izaak Breitenbach gesels oor die kwessie. 2.Ons fokus op die landboumarkte wanneer Johnny van der Merwe van AMT sy verslag met ons deel. (Vleispryse) 3.Tweede deel van Johnny se verslag oor die landboumarkte. (Graanmarkte)
1.Ons fokus op vanjaar se Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe wanneer Breyton Milford van Agri Expo daaroor gesels. 2.Ons neem mikotoksiene en hittestres – veral onder melkkoeie – onder die loep wanneer die veekundige Caitlyn de Vos van Vitam International meer uitbrei. 3.Ek gesels verder met Caitlyn oor mikotoksiene en hittestres onder melkkoeie.
1.Corné Louw van Graan SA gesels oor die omvang van vanjaar se droogteskade. 2.Ons fokus op Graan SA se algemene kongres wat hierdie week plaasvind en vind uit wat op vanjaar se agenda is, wanneer Corné verder daaroor gesels. 3.Ek gesels met Henri Combrink oor die 20ste Goliat van Gat Pampoenfees wat hierdie week plaasvind.
1.Ek gesels met die wenner die onlangse Women’s Insight Deliberation-kompetisie wat vanjaar vir die eerste keer aangebied is. 2.Weeklikse damverslag. 3.Gerrit Bezuidenhout van Landbou Weekblad gesels oor ’n paar landboukwessies waaroor hulle berig.
1.Red Meat Industry Services het besluit om vanjaar 10 projekte van stapel te stuur wat ’n bydrae tot die rooivleisbedryf sal lewer. Dewald Olivier verduidelik in ’n neutedop waarom daar ’n behoefte vir hierdie projekte is. 2.Ons fokus op een van RMIS se projekte rakende rekordhoudingstelsels kommunikasie en die deel van data wat ook op naspeurbaarheid neerkom, wanneer Dewald meer uitbrei. 3.Die onafhanklike weerkundige Johan van den Berg gesels oor die huidige weerstoestande wat landbou beïnvloed.
1.Ons fokus op die landboumarkte wanneer Johnny van der Merwe van AMT sy verslag met ons deel. 2.Tweede deel van Johnny se verslag oor die landboumarkte. 3.Vrystaat Landbou het ‘n stelsel ontwikkel om te help met die naspeurbaarheid en veiligheid van vee. Jack Armour vertel meer.
1.Dawie Maree van FNB Landbou gesels oor die algehele ekonomiese impak van die brandstofprysverhoging op die sektor. 2.Gavin Kelly van Padvragvereniging gesels verder oor die brandstofprysverhoging wanneer ons op die impak daarvan op padvragte fokus. 3.Die ondeurdagte gebruik van antibiotika op melkplase stel diere én verbruikers volgens navorsing glo in gevaar. Ons vind uit of dit werklik die geval is wanneer die spesialis-veearts Chris van Dijk uitbrei.
1.Ek gesels met Richard York van WRSA oor die voortdurende positiewe groei van die wildbedryf. 2.Daarna gesels Gerhard Verdoorn van CropLife SA oor die skoonmaak en herwinning van leë plaagdoderhouers. 3.Die program eindig met die fokus op die veesiekte bloutong, wat tans groot kommer wek, wanneer die veearts Danie Odendaal daaroor gesels.