KLANKKOERANT LANDBOU DESEMBER 2023

Deur on

Ons gesels landbousake! Vir navrae e-pos jake@klankkoerant.co.za

Vandag gesels ons met Agri Wes-Kaap oor hoe hulle landbou vanjaar beleef het en die produksieskatting vir wintergraan lyk steeds belowend.
Fokus op die landboupryse en hoe dit deur die jaar verander het en meer oor vloede in Australië
Dawie Maree van FNB-Landbou gesels oor ekonomiese groei in die landbousektor in 2023 en meer oor die verwagte hoër pryse van hoendervleis en eiers.
Prof Johan Willemse gee ‘n oorsig van die verwikkeling van die speenkalfpryse in die afgelope jaar en goeie nuus vir sagtevrugprodusente by die Kaapstadse hawe.
Vandag fokus op die wildbedryf. Ons gas is Gerhard Heyneke – direkteur van Wildbedryf Suid-Afrika en Agri Noord-Wes gesels oor ‘n nasionale polisietaakspan wat aangewys is om misdaad op die landelike gebied van die provinsie te bekamp.
Ons fokus op die wildbedryf. Ons gas is Gerhard Heyneke – direkteur van Wildbedryf Suid-Afrika.
En Agri Noord-Wes gesels oor ‘n nasionale polisietaakspan wat aangewys is om misdaad op die landelike gebied van die provinsie te bekamp.
Ons kry meer besonderhede oor Phyla Earth Suid-Afrika wat hande vat met die Fio Agri Group
Ons gesels met die landboukundige van die jaar En ons gesels oor SENWES se halfjaarverslag
Ons gesels met Bennie van Zyl oor belangrike beleide wat die jaar in landbou aanvaar of voorgestel is. Ons kry ook sy kersboodskap en dan kuier twee boere van Balfour in die ateljee. Danie Bester en Johan Pistorius gesels oor hul sojaboonboerdery
Lewensenergie insetsel, meer oor ‘n ooreenkoms vir voedselsekerheid, damverslag en landbouweekblad
Fokus op 2023 en kry ‘n kersboodskap, gesels met Nicol Jansen van Agri SA en die beefmastergroep kyk terug na die beesbedryf
Graan SA se voorsitter Derek Matthews gee sy kersboodskap en dr Johnny van der Merwe deel die jongse landboupryse
Britse vrug en groente boere het baie druk en vrees om hul plase te verloor, Ons vind uit wat Suzuki SA vir boere kan bied en SA se eerste skeepvrag met sojabone is oppad na Sjina
Meer oor TLU SA se droogtehulp projek, Snywurms is glo vanjaar ‘n groot probleem vir boere in die oostelike streek. en meer oor die Bo Karoo Opleidingsentrum
Meer oor AGBIZ se mediadag. Esmarie Yssel deel die jongste damverslag en ons kry meer besonderhede oor die nuwe uitgawe van die landbouweekblad

Current track

Title

Artist