KLANKKOERANT LANDBOU AUGUSTUS 2023

Deur on

Ons gesels landbousake! Vir navrae e-pos jake@klankkoerant.co.za

TLU SA se jongboerkompetisie is in volle swang en ons kry die jongse landboupryse.
Johan van den Berg gesels oor die weertoestande wat die veldbrande veroorsaak en meer oor die Agro Energiefonds.
Afriforum stig ‘n hulpfonds vir boere wat gebuk gaan onder brande, Agri Noord-Kaap kies ‘n nuwe president en bloutong-siekte versprei onder wolskape, maar ‘n private entstofmaatskappy het ‘n plan
Veldbrande saai verwoesting oor ‘n wye gebied veral in die Vrystaat, dit is weer tyd vir Nampo Kaap en voëlgriep knou die pluimveebedryf
Meer oor die nasionale vee en skaapboer kompetisie, Lewensenergie insetsel, Damverslag en blaai deur die nuwe uitgawe van die landbouweekblad
Meer oor Agri Noord-Kaap se kongres en Johan van den Berg sluit by ons aan vir die jongste weervooruitsigte.
Dr Johan van der Merwe deel die jongste landboupryse, meer oor die OVK se jaarverslag en die eerste wolveiling is afgehandel
Meer besonderhede oor die voorgestelde wetsontwerp vir bewaring en ontwikkeling van landbougrond en ons gesels die Avo pryse wat tans onderdruk is.
TLU SA verskil met die SAPD se misdaadstatistieke vir die eerste kwartaal, na 21 jaar kan SA weer rooivleis na Saoedi-Arabië uitvoer en meer oor ‘n nedersetting vir Afrikanerboere in Rusland
Ons deel die damverslag en blaai deur die landbouweekblad
Kry terugvoer van Agri Limpopo se kongres wat gisteraand afgesluit is, Ons gesels met ZZ2 oor die varsprodukte mark en hoe dit met hul boerdery gaan. en Johan van den Berg deel met ons die weervooruitsigte
Kry die jongste landboupryse by AMT, Agri SA deel hul indrukke van die Agri Limpopo kongres en ons gesels oor die rol van ‘n vrou in landbou.
Boerevereniging kry R1.9 miljoen om landelike veiligheid te finansier, hoe belangrik is die komende BRICS-beraad vir landbou?
‘n Amerikaanse maatskappy het toestemming gekry om te boor vir gas in die Noord-Vrystaat, en watter uitwerking het dit op landbou in die omgewing?
‘n Landbou-ekspo is baie voordelig vir die landbousektor, Beurtkrag het glo ‘n grootuitwerking op wynboerderye in die land en ons gesels oor ‘n vierkantige waatlemoen wat gekweek word.
Ons deel die damverslag en blaai deur die landbouweekblad
Regstreeks vanaf Kragdag
Opvolg van kommunikasie op die platteland gesprek, Action SA hou ‘n landbou webinaar en Johan van den Berg deel die jongste weervooruitsigte
Sitrusbedryf vra president Cyril Ramaphosa se ingryping by die EU-regulasies, Landelike kommunikasie verswak maar boere maak ‘n plan vir beter internet en radiodienste en ons kry meer besonderhede oor Agri Oos-Kaap se kongres.
Ons deel die damverslag en blaai deur die landbouweekblad
Meer besonderhede oor die landbouekspo by Kragdag 2023 en aartappelboere in Limpopo gaan gebuk onder swak weertoestande
Ons kry die jongste landboupryse, Mpumalanga Landbou gesels oor plaasmoorde en meer oor Namibiese plase wat onteien word
Veebedryf moet help om hongersnood in SA te vermy en Agri SA gaan voort met hul hofsaak teen raswaterregulasies

Current track

Title

Artist