KLANKKOERANT LANDBOU AUGUSTUS 2022
Deur Karen on Aug 8, 2022
Ons gesels landbousake! Vir navrae e-pos jake@klankkoerant.co.za
Kry meer besonderhede oor die Noord-Wes Vroue Landbou-unie se kongres
en wat behels ‘n wisselende plantestand
En ons blaai deur die nuwe uitgawe van die landbouweekblad
Johan van den Berg sluit by ons aan vir die jongste weervooruitsigte
En ons gesels met Agri Oos-Kaap se jongboer van die jaar
Dr Johan van der Merwe deel die jongste landboupryse
En ons gesels met die eerste slimboer ambassadeur
En Transnet beplan glo ‘n nuwe spoorlyn en hawe in die Noord-Kaap
en Sakeliga stuur namens die boere ‘n aanmaning aan Eskom oor die sogenaamde strafkrag
Agri SA en die nasionale wolkwekersvereniging spreek hul kommer oor Sjina se verbod op die invoer van Suid-Afrikaanse wol uit
en dr Johan van der Merwe deel met ons die jongste vleis en graanpryse
2 Aug- Vandag is dag 1 van Afrivet se konferensie in Pretoria, die minister van handel, nywerheid en mededinging, Ebrahim Patel, skort die invoertariewe op hoenders vir 12 maande op en uitvoer van landbouprodukte tel glo spoed op met ‘n goeie samewerking tussen die uitvoerbedryf en Transnet