KLANKKOERANT BYLAAG – SEPTEMBER 2023

Deur on

Saam met Esmarie Yssel

Wat ookal jy besluit om te doen, maak net seker dit maak jou gelukkig. – My Positive Outlooks op Instagram.
Die DA het ’n vraag in die Gautengse provinsiale wetgewer aan die LUR vir landbou en landelike ontwikkeling, Mbali Hlophe, gestel oor die voortslepende tekort aan entstof vir Afrika-perdesiekte. Bronwynn Engelbrecht, die DA se skadu-LUR vir landbou en landelike ontwikkeling in Gauteng, praat met Esmarie.
Anton Munger van Mokopane/Potgietersrus in Limpopo gaan Suid-Afrika by die armdrukwêreldkampioenskappe in Maleisië verteenwoordig.
Die 14-jarige Mika-Leigh Strydom van Bloemfontein is die nuwe onder-15-laserpistoolhardloopwêreldkampioen. Die blonde meisie het aan die moderne vyfkampwêreldkampioenskappe in Bath in Engeland gaan deelneem.
Esmarie Yssel doen verslag.
Eerskomende Vrydag skop die Rugbywêreldbekertoernooi in Frankryk af en hoewel die toernooi met ’n wedstryd tussen Frankryk en Nieu-Seeland begin sal elke Vrydag hier in Suid-Afrika BOKVRYDAG wees. Daarom nooi SA Rugby en die Bokke skole regoor die land uit om deel te word van die nasionale beweging met die hutsmerk BokVrydag. Ons gesels met Marlon Kruger, die bemarkingsbestuurder by die SA Rugby-unie.

Current track

Title

Artist