KLANKKOERANT BYLAAG – DESEMBER 2023

Deur on

Saam met Esmarie Yssel


Hendri Herbst van Limpopo is nie net ’n paralimpiese medaljewenner vanweë sy swemtalent nie. DIE jongman het nou NOG hoër hoogtes bereik deur die eerste blinde student aan die Universiteit van Stellenbosch te word wat ’n LLD-graad in Handelsreg verwerf het. Hy is ook die eerste student in die US se Fakulteit Regsgeleerdheid wat ’n gesamentlike doktorsgraad van dié fakulteit EN van die Hasselt-universiteit in België ontvang het.
Die matriekgroep van 2023 begin aanstaande jaar met ’n heel nuwe hoofstuk in hulle lewe. Daar is diegene wat al lankal weet wat hulle ná skool wil doen, maar party staan nog by ’n kruispad: onseker oor wat die beste roete is om in te slaan… terwyl hulle boonop gespanne wag vir hulle uitslae. Ons gesels met dr. Cobus Oosthuizen, die dekaan van nagraadse besigheidsprogramme by Boston City Campus om die skoolverlaters te help om doeltreffende maniere te vind om hierdie onseker tye tot hul voordeel te bestuur.
Dis die laaste keer vanjaar wat ons met die Pretoria Historia-tydskrif gesels oor die laaste uitgawe van 2023. Riana Mulder, die tydskrifredakteur sluit by ons aan.
Solidariteit Helpende Hand gaan ’n sensoriese tuin vir die demensiepasiënte van die Ons Herberg-oord vir bejaardes in Bronkhorstspruit begin uitlê en aanplant. Mariana Kriel is Helpende Hand se streekbestuurder in Gauteng en sy sluit by ons aan.
Die kopbeen van ’n reusagtige seemonster is uit ’n rotswand in die Jura-kus in die Verenigde Koninkryk gehaal. Die seemonster is uitgeken as ’n pliosourus, ’n vreesaanjaende seereptiel wat die oseaan sowat 150 miljoen jaar gelede in alle waarskynlikheid geterroriseer het.
Die Witdoodhaaie – wat sedert 2015 uit Valsbaai padgegee het – is die afgelope paar weke minstens ses keer in dié omgewing raakgesien… wat omgewingskenners versigtig optimisties maak oor dié seereuse se terugkeer. Ons praat met Meindertjan Rebel, kusingenieur van die Stad Kaapstad se kusbestuur.
Belanghebbende burgerlike groepe in die Goudstad, insluitend die Organisasie teen Belastingmisbruik, het kragte saamgesnoer om Johannesburg stukkie vir stukkie reg te ruk onder die gemeenskaplike vaandel van die Johannesburg-krisisalliansie. Ons praat met advokaat Stefanie Fick, die hoof van verantwoordbaarheid by die Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa.
Die Munga is ’n monstermarathon, een van die moeilikste ultramarathons vir bergfietsie in die wêreld. Die fietsryers lê sowat 1 130 kilometer tussen Bloemfontein en Wellington af. Dié marathon strek oor vyf dae… en verlede week – toe ons met Alphonso Theron gesels het, sou hulle daardie middag van die 29ste November begin trap het. Alphonso is die ambassadeur van Rata Maatskaplike Dienste se Ride for a Child om fondse vir kinders in te samel wat elk hul eie monsters bestry. Alphonso kon ongelukkig nie klaarmaak met dié traptog nie. Hy sluit nou by ons aan.
Hittegolftoestande sal glo nog tot vandag voortduur oor Gauteng, die oostelike dele van Noordwes, die Limpopo-vallei, die westelike bosveld en die sentrale en noordelike dele van die Vrystaat. Wanneer word warm weer as ’n hittegolf beskou? Ons stel dié en ander vrae aan die bekende weerkundige, Annette Botha van Vox Weather
Dis die laaste keer vir die jaar wat ons met die Afrikaanse Wikipedia oor die Afrikaanse Wikipedia gesels. En Deon Steyn, die direkteur van die Afrikaanse Wikipedia, is by ons in die ateljee.
Die De Winton Goue Mol is 87 jaar gelede in Suid-Afrika gewaar. Tot nou toe. Twee van dié oulike spitsgesigmolle is op ’n strand in Port Nolloth aan die Noordweskus opgespoor. Ons sluit aan by Esther Matthew, senior veldbeampte by die Bedreigde Wildlewetrust, die EWT.

Lees verder

Current track

Title

Artist