KLANKKOERANT BYLAAG – JUNIE tot AUGUSTUS 2023

Deur on

Saam met Riaan Grobler

Foto: Fiona Viljoen, 2018.
Tussen 21 en 30 Julie gaan nie net twee sussies, Helen en Lize van Rhyn nie, maar ook hul Pa, Gerrit, Suid-Afrika verteenwoordig in Brisbane, Australië by die 21ste onderwaterhokkie wêreldkampioenskap.
As jy nog altyd gewonder het of jy jou lewensverhaal moet neerpen, dan is hierdie nou vir jou ‘n bevestiging. ‘n Pretoria FM luisteraar, Hanna Pienaar, het tydens die Covid-19 inperking besluit om haar lewensverhaal te skryf en nou, op 93 jarige ouderdom word die boek gepubliseer.
Doofblindheid is ’n kombinasie van visuele- en gehoorverlies; dus ’n multi-sensoriese verlies in een liggaam. Die visuele- en gehoorverlies kan varieer van geringe tot gevorderde of totale visuele verlies en geringe tot gevorderde of totale gehoorverlies. Hierdie verlies veroorsaak toenemende uitdagings wat betref kommunikasie, mobiliteit, toegang tot inligting en algemene dienste.
Aan die woord is Mariza Jurgens, voormalige ondervoorsitter en tans vrywilliger van Retina Suid-Afrika.
Die Vitality Netbal Wêreldbeker 2023 word vanjaar in Kaapstad aangebied. Nie net is dit ‘n eerste vir Suid-Afrika nie maar ook die Afrika-kontinent. Vanaf 28 Julie tot 6 Augustus sal 16 spanne van oor die wêreld teen mekaar meeding om dié gesogte titel. Ons gesels oor hierdie geskiedkundige toernooi met die voormalige Protea-speler en SuperSport aanbieder en kommentator, Vanes-Mari du Toit.
‘n Graad 10-leerder aan die Hoër Volkskool Potchefstroom, Koan Smit, het in Januarie mieliesade op ‘n stukkie grond langs die Jack Pauw Seunskoshuis se C-blok geplant. In Mei het hy met ‘n oes van 80 koppe mielies gespog.
Honderde pasgebore babas word jaarliks weggegooi. Ons gesels met The Rock Place of safety wat help om na dié babas en kleuters om te sien en ook oor hulle nuwe pasgebore-baba-hokkie waar ouers wat nie na babas kan omsien nie, die baba in dié hokkie los eerder as om in ‘n veld, asblik of toilet weg te gooi.
Dit is Wêreld Oseanedag. Ons gesels met die kurator van die Twee Oseane Akwarium oor hoekom hierdie dag belangrik is.

Lees verder

Volgende artikel

Op pad na 1994


Thumbnail
Current track

Title

Artist