KLANKKOERANT BYLAAG 19 APRIL 2022

Deur on

Ons gesels met Bok van Blerk oor Herlaai 2022. Talentvolle sangers, samesyn en piekniek in JOU stad met JOU mense in JOU taal.

📚📖 Tonele en rolspelers uit die Anglo-Boereoorlog kry nuwe lewe in Tinus le Roux se boek, Die Anglo-Boereoorlog in Kleur, met 263 bladsye vol van die treffendste ingekleurde foto’s. Die boek dek die konvensionele deel van die oorlog ván Oktober 1899 tot September 1900. Dis ’n eerste in Suid-Afrika en volg ’n internasionale tendens waar historiese swart-en-wit foto’s ingekleur word soos in The Colour of Time wat in 2018 die lig gesien het. Ons gesels met die skrywer en samesteller van Die Anglo-Boereoorlog in Kleur, Tinus le Roux.


Current track

Title

Artist