Klag by MRK ingedien oor voortslepende besoedeling van belangrike riviere

Deur on

5 Februarie 2024

Die VF Plus het ’n klag by die Menseregtekommissie, teen die Polokwane-plaaslike munisipaliteit ingedien.

Dít nadat die munisipaliteit tot dusver geen stappe gedoen het om die ernstige storting van onverwerkte riool in belangrike riviere stop te sit nie.

Die party het in Julie 2022 reeds ’n dringende skrywe aan die burgemeester, Makoro John Mpe, asook die waarnemende munisipale bestuurder, Thuso Nemugumeni, oor die aangeleentheid gerig.

Hulle is gevra om onmiddellik ’n oplossing te vind vir die riool wat vanuit die Seshego-rioolsuiweringsaanleg buite Pietersburg in die Bloedrivier stroom.

Die party sê dit is skandalig dat die ANC-beheerde munisipaliteit ooglopend toelaat dat kosbare natuurlike hulpbronne besoedel word en gemeenskappe se gesondheid op die spel geplaas word.


Current track

Title

Artist