“Kinders wat siek word weens kos moet voor regering se deur gelê word”

Deur on

27 Oktober 2023

Action SA sê kinders wat herhaaldelik siek word weens kos wat hulle by informele handelaars koop, moet voor die voete van die regering, polisie en die gesondheidsdepartement gelê word.

In die jongste voorval is 120 leerlinge van twee Oos-Kaapse skole na klinieke geneem nadat hulle kos geëet het wat hulle by informele handelaars gekoop het. Talle soortgelyke voorvalle het ook in die Vrystaat en Gauteng plaasgevind. 

Action SA se leier, Herman Mashaba sê gedurende sy tyd as burgemeester van Johannesburg het hy herhaaldelik waarskuwings uitgereik oor die gevare van nagemaakte kos, en medisyne asook kos wat verval het. 

Volgens Mashaba het hy toe reeds die regering genader om in te gryp, en om toe te sien dat regulasies vir veilige voedsel toegepas word. Hy sê sy versoeke het op dooie ore geval. Mashaba meen dringende stappe moet gedoen word. 


Current track

Title

Artist