Kinders onder ses jaar oud hoef steeds nié maskers te dra nie

Deur on

17 Junie 2021

Kinders jonger as ses jaar oud hoef, luidens die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, steeds nie gesigmaskers in die openbaar te dra nie.

Nadat president Cyril Ramaphosa die land Dinsdagaand toegespreek is, is daar in die Staatskoerant gepubliseer dat “alle Suid-Afrikaners steeds, volgens wet verplig word om gesigmaskers te dra.”

Die woordvoerder van minister Nkosazana Dlamini-Zuma, Lungi Mtshali sê die bewoording in die Staatskoerant sal aangepas word omdat dit steeds nie verpligtend is vir kinders onder ses om ‘n masker te dra nie en dat dié bewoording verwarring veroorsaak het.

Volgens Mtshali is dit steeds ouers se se keuse of hulle wel hulle kinders maskers wil laat dra.

Die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) het vroeër gesê dat die navorsing oor jong kinders en gesigmaskers vaag is, maar meen elke land se eie gesondheidsdepartemente moet reëls in die verband skep.

Die WGO het wel voorgestel dat kinders jonger as vyf jaar oud nie maskers hoef te dra nie, weens die emosionele welstand van die kind asook jong kinders se onvermoë om maskers korrek te dra.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.


Lees verder

Current track

Title

Artist