Kindermoordenaar se parool ter syde gestel

Deur on

15 Augustus 2024

Die veroordeelde kindermoordenaar Marius van der Westhuizen se parool is ter syde gestel.

Van der Westhuizen sou op 31 Julie vanjaar op parool vrygelaat word, maar die paroolbesluit is deur die minister van korrektiewe dienste, dr Pieter Groenewald na die hersiensingsraad verwys.

Die korrektiewetoesig-en-paroolhersieningsraad het vandag besluit om die paroolraad se aanvanklike beslissing, dat hy wel op parool vrygelaat kan word, te hersien. Van der Westhuizen is in 2011 tot 24 jaar gevangenisstraf gevonnis vir die moord op sy drie kinders in 2006, Bianca (16), Marius-Eben (5) en Antoinette (21 maande).

Hy was die destydse bevelvoerder van die Claremont-polisiekantoor.

Intussen het die VF Plus in reaksie gesê dat geregtigheid geskied het. Die VF Plus-LP en hoofwoordvoerder oor korrektiewe dienste, Heloïse Denner sê dit is die regte besluit en wys wat ʼn effektiewe minister kan doen om geregtigheid te laat geskied in belang van die mense van Suid-Afrika.

Foto: IOL


Current track

Title

Artist