Kgosientsho Ramokgopa verdedig sy rol as die minister van elektrisiteit

Deur on

16 November 2023

Die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa moes sy rol verdedig tydens sy heel eerste amptelike verslagdoening in die parlement.

Daar is onder meer vir Ramokgopa gevra, wanneer hy beurtkrag gaan stopsit en wie nou eintlik die baas oor Eskom, tussen hom en die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan is.

Volgens Ramokgopa het die presidensie – as deel van die reaksie op die kragkrisis – besluit om ‘n projek-bestuurs-benadering na die probleem te bring en dat hy daarom in effek ‘n projekbestuurder is.

Volgens hom is daar ook nie verwarring oor sy en Gordhan se rolle nie. Ramokgopa meen hy is by Eskom se kragopwekkingskant betrokke, terwyl hy ook oplossings voorstel om prosesse te versnel om beurtkrag tot ‘n einde te bring.

Gordhan tree glo as die staat se aandeelhouer-verteenwoordiger by die kragvoorsiener op en maak seker dat Eskom se korporatiewe strategie met die regering se agenda ooreenstem.


Current track

Title

Artist