4 September 2024
Venezuela se president, Nicolas Maduro het verklaar dat hy ‘n dekreet sal uitvaardig om Kersfees in dié land na 1 Oktober te verskuif.
Maduro het in sy weeklikse televisieprogram gesê dat dit reeds soos Kersfees ruik – al is dit nou eers September.
Die besluit deur die 61-jarige president word beskou as ‘n stap om mense se aandag af te lei van die onstuimigheid wat die land verswelg het ná Julie se betwiste presidensiële verkiesing.
Die Katolieke meerderheid in Venezuela is nie gelukkig met die idee om die Feesseisoen te midde van onrus in die land te vier nie.
Die nuusdiens, The Guardian berig dat hierdie een van Maduro se grootste politieke uitdagings is in die 11 jaar van sy termyn,
Volgens die koerant word daar wyd gespekuleer dat Maduro eintlik Julie se presidensiële verkiesing ver verloor het, en dat sy opposisie, Edmundo González eintlik moes gewen het. en daarom weier Maduro glo om die verkiesingsuitslae bekend te maak.
Dit is nie die eerste keer dat Maduro Kersfees na ‘n vroeër datum skuif nie, nadat hy dit tydens die COVID-19-pandemie ook gedoen het. Hy het sy landsburgers belowe dat hierdie vervroegde Kersfees een van vrede, vreugde en vryheid sal wees.