29 Oktober 2024
Die vier Burger-standbeelde op Kerkplein in Pretoria is gevandaliseer.
Volgens die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) is die geweerlope, bandeliere, vingers van die standbeelde en kruithorings afgesaag.
Dit ten spyte daarvan dat die Kruger-beeldegroep omhein is met ’n veiligheidswag.
Die erfenishulpbronspesialis van die FAK, Leonie Marais, meen die skade moes onlangs aan die standbeelde aangerig gewees het.
Marais sê sy beskou dit as growwe nalatigheid van die Tshwane-metroraad dat hulle nie die stad se kulturele hulpbronne kan beskerm nie.
Die besturende direkteur van die FAK, Danie Langner, beskryf dit as kriminele vernietiging van erfenisskatte.