Katolieke Kerk stel sy nuwe “strokiesprent-gelukbringer” bekend

Deur on

31 Oktober 2024

Die Katolieke Kerk het ‘n nuwe gelukbringer, Luce, aan sy volgelinge bekend gestel.

Luce.

Die hoof organiseerder van die kerk se opkomende jubeljaar, aartsbiskop Rino Fisichella het tydens die onthulling gesê dat die gelukbringer geskep is met die doel om deel te wees van die pop-kultuur, en om weer op hierdie manier jong mense na die kerk te lok.

Die gelukbringer, is ontwerp deur Simone Legno van Italië, wat meen hy is deur die Japanese pop-kultuur geïnspireer. Die gelukbringer se naam, Luce beteken lig in Latyns.

Volgens Fisichella is Luce ‘n kombinasie van die tradisionele simbole van Christenskap, en die Japanese-kultuur.

Luce sal gedurende die jubeljaar by talle byeenkomste te sien wees. In die Katolieke Kerk staan die jubeljaar bekend as die jaar van vergifnis en versoening, en word elke 25 jaar gevier. Die jubeljaar begin op 24 Desember 2024, en sal duur tot 6 Januarie 2026.

Talle sosiale media-gebruikers het die karakter op die onderskeie platforms bespreek, met sommige mense wat voel dat strokiesprentkarakters, (ook Anime) nie by die Katolieke Kerk hoort nie.


Lees verder

Current track

Title

Artist