Kabinet bekommerd oor toename in Covid-19-gevalle

Deur on

12 Mei 2022

Die minister in die presidensie, Mondli Gungubele sê die kabinet is bekommerd oor die jongste oplewing van Covid-19 gevalle in die land.

Hy sê dit was een van die belangrike besprekingspunte op die pasafgelope kabinetsvergadering.

Daar is ‘n styging in nuwe gevalle van die virus wat aangemeld word – met meer as 10 000 nuwe gevalle wat in die afgelope verslagperiode aangemeld is.

Gungubele het ‘n beroep om mense gedoen om gehoor te gee aan die bestaande Covid-19 regulasies.

Hy sê die virus hou steeds ‘n bedreiging in en dat inenting steeds die mees effektiewe wapen is teen ernstige siekte en selfs dood.

Gungubele het ook gesê dat meer as 50% van volwassenes in vyf van die land se provinsies reeds teen die virus ingeënt is. Hy het namens die kabinet ‘n beroep op mense gedoen om die inenting te kry om hulself en hul geliefdes te beskerm.


Current track

Title

Artist