9 Januarie 2025
Die Speaker van die Johannesburgse-metro, Nobuhle Mthembu, het ‘n buitengewone vergadering belê om die vakante stadsbestuurderspos te bespreek.
Dít volg nadat die hooggeregshof in Johannesburg, Floyd Brink beveel het om sy kantoor te ontruim, nadat daar bevind is dat sy aanstelling van stadsbestuurder onreëlmatig was.
Mthembu het die vergadering belê om die bekragtigingsverslag wat die aanstelling van die waarnemende stadsbestuurder, Tshepo Makola, formaliseer, te oorweeg.
Daar word van die waarnemende stadsbestuurder verwag om die amp vir ‘n hernubare tydperk van drie maande te beklee terwyl die werwingsproses vir ‘n permanente aanstelling aan die gang is.
Action SA se Zark Lebatlang sê hulle verwelkom die stap. Die buitengewone vergadering sal na verwagting môre plaasvind.