Januarie begin op ‘n “harige” noot

Deur on

15 Januarie 2024

Die meeste mense se finansies lyk maar saai in Januarie, en “luukshede” soos skeermesse het dalk nie dié maand se inkopielys gehaal nie, maar talle vroue wat kies om nié hulle hare te skeer nie, is nie weens ‘n geldtekort nie, maar wel ‘n nuwe uitdaging op sosiale media.

Elke jaar is daar in Januarie talle uitdagings op sosiale media, soos byvoorbeeld Dry January waarin mense probeer om alkohol uit te sny.

Die sogenaamde “Januhairy” uitdaging het sedert die begin van die maand die sosiale media aan die gons.

Die idee van die uitdaging is om enige vorm van haarverwydering te vermy. Die Citizen-koerant berig egter dat die uitdaging nie ‘n nuwe verskynsel is nie, en is reeds vyf jaar gelede deur die student, Laura Jackson begin – alhoewel dit weer vanjaar opgevlam het.

“Jackson het in 2019 verduidelik dat sy in 2018 haar liggaamshare gegroei het weens ‘n rol wat sy as deel van haar dramagraad vertolk het. Ek het toe die idee gekry om met ‘n uitdaging te begin sodat mense hulle liggame in sy natuurlike vorm kan waardeer, en nie daaroor skaam wees nie.”


Current track

Title

Artist