Jagersfontein-tragedie – een jaar later

Deur on

11 September 2023

Die menseregte-prokureur, Richard Spoor, sê hulle sal binne die volgende ses weke ‘n groepsgeding van stapel stuur weens die Jagersfontein-modderstorting – wat vandag ‘n jaar gelede plaasgevind het.

Volgens Spoor sal die aksie teen die regering sowel as die myn gerig word.

Hy sê hulle oorweeg ook private-vervolging teen die myn om die gebied skoon te maak en te reabiliteer.

LEES OOK: MENSEREGTEKOMMISSIE GAAN JAGERSFONTEIN-SLIKRAMP ONDERSOEK

Een persoon is dood en honderde is dakloos gelaat toe die slikdam se wal op 11 September 2022 meegegee en talle huise meegesleur het.

’n Ramp het die myndorp in die Vrystaat getref en meer as 160 huise is vernietig en infrastruktuur beskadig, terwyl meer as 300 mense is ontheem.

Die premier van die Vrystaat, Sisi Ntombela het kort na die tragedie aangekondig dat hulle sal begin om huise in die dorp te herbou.

Foto: SAUK

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Current track

Title

Artist