Inflasiekoers sak terug tot 4,9% in Junie

Deur on

21 Julie 2021

Statistiek Suid-Afrika (SSA) het vanoggend bevestig dat die inflasiekoers in Junie tot 4,9% teruggesak het. 

Daar was groot kommer nadat inflasie in Mei vir die eerste keer in 30 maande bo 5% op 5,2% was.

Die grootste bydraende faktore tot die inflasiekoers is die styging in kospryse, vervoer – wat brandstof insluit – en behuising.

Volgens SSA is die prys van ’n gemiddelde kos-waentjie – 6,7% duurder as teenoor dieselfde tydperk verlede jaar. 

Die SSA sê olies en vette (wat grootliks bydrae tot die duurder voedselpryse) het sedert Februarie 2019 stelselmatig begin styg.

Vervoer is 12,3% duurder as in Junie 2020.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier


Current track

Title

Artist