5 Desember 2023
Die sangeres, Brenda Lee, se ikoniese vakansietreffer “Rockin’ Around The Christmas Tree” het vir die eerste keer die nommer-een plek op die Billboard Hot 100 gehaal – 65 jaar nadat dit vrygestel is.
Met dié prestasie breek Lee verskeie rekords, waarvan baie gehou is deur Mariah Carey en haar “All I Want for Christmas Is You”.
Dit is haar derde keer dat sy die eerste plek behaal en sy hou nou die rekord vir die langste gaping tussen ‘n kunstenaar se eerste en mees onlangse week in die top-posisie.
Haar eerste nommer-1 was haar enkelsnit “I’m Sorry” in 1960 – 63 jaar gelede.
Lee – wat volgende week 79 jaar oud word – is nou ook die oudste vrou om die nommer-een plek op dié ranglys te behaal en sy troef vorige rekordhouers soos Cher – met “Believe,” in die ouderdom van 52, en Carey met “All I Want for Christmas is You,” in die ouderdom van 53.
In reaksie op die prestasie het Lee gesê dat sy baie verbaas is en dit byna nie kan glo nie.
Foto’s: Spotify en