Hulppakket van byna R40-miljard saamgestel ná onlangse onluste

Deur on

28 Julie 2021

Die minister van finansies, Tito Mboweni sê dit sal nié vir die regering nodig wees om nóg geld te leen om ‘n hulppakket beskikbaar te stel nie.

Hy het vanmiddag tydens ‘n mediakonferensie meer besonderhede gegee oor dié hulppakket, wat die regering besluit het om saam te stel na die onlangse onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng.

Dié onluste se skade beloop – volgens Mboweni – ongeveer R50-miljard.

Volgens hom sal die totaal van die hulppakket ongeveer R38,9-miljard beloop en is moontlik gemaak weens beter belastinginvordering. Dié geld sal onder meer gebruik word vir die herinstelling van die spesiale R350 toelaag om geraakte mense by te staan.

Die minister het ook bevestig dat ‘n bykomede R950-miljoen beskikbaar gestel word om die polisie en Suid-Afrikaanse weermag by te staan om wet en orde te handhaaf. Die besluit is geneem ná die onlangse onluste. Die polisie sal R250-miljoen kry en R700-miljoen sal aan die SANW gaan.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier


Current track

Title

Artist