Huisvroue behoort betaling te kry, meen Ramaphosa

Deur on

10 Augustus 2022

President Cyril Ramaphosa het in ‘n Vrouedag toespraak in Richmond in KwaZulu-Natal gesê die tyd het gekom dat vroue betaal moet word vir werk wat hulle in die huis doen.  

Dié geleentheid is deur duisende mense bygewoon.   

Ramaphosa het gepraat oor die vordering wat gemaak is om vroueregte te bevorder en om geslagsgelykheid in die werkplek te bewerkstellig.  

Hy het verwys na die nuwe adjunk-hoofregter Manidsa Maya, wat die eerste vrou is wat dié pos beklee.   Hy het egter erken dat daar nog baie struikelblokke is wat vroue in die gesig staar.   

Ramaphosa sê die werk wat vroue in die huis doen en die tyd wat hulle daaraan bestee beperk hul vermoë om geld in ander werkplekke of in hul eie ondernemings te verdien.


Current track

Title

Artist