Huis Herfsblaar: 200 EFF-lede nou bymekaar

Deur on

28 Julie 2021

Die polisie moes tussenbeide tree nadat lede van die EFF – wat aan ‘n betoging na die Huis Herfsblaar-ouetehuis in Queenswood in Pretoria opgeruk het – met gemeenskapslede en burgerlikes wou slaags raak.

Ongeveer 200 betogers het skuins voor 12:00 vanmiddag begin met die optog wat gereël is in solidariteit met werknemers wat beweer hulle was die slagoffers van rassisme. 

Dit wil voorkom asof die betogers se fokus van die ouetehuis af verskuif het na die gemeenskapslede wat opgeruk het omdat hulle bekommerd was oor die veiligheid van die inwoners.

Slagspreke word geskree en die skare met hulle rooi uitrustings swaai hulle vuiste uitdagend voor die gemeenskapslede.

Die skare moes reeds om 13:00 vanmiddag verdaag het maar ‘n kort rukkie gelede was die betoging nog in volle swang.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier


Current track

Title

Artist