2 April 2024
Motoriste kan hulle vandeesweek staal vir nog ‘n brandstofprys-verhoging.
Dit volg nadat die departement van minerale bronne en energie verlede week brandstofprysveranderings aangekondig het. Die departement sê egter diesel-gebruikers sal bietjie verligting ervaar met ‘n daling in die prys van diesel.
93-oktaan petrol sal met 65-sent per liter verhoog, terwyl 95-oktaan petrol met 67-sent per liter sal styg.
Diesel met ‘n swael-inhoud van 0,05 sal met 3-sent per liter verhoog, terwyl diesel met ‘n swael-inhoud van 0,005 2-sent per liter goedkoper sal wees.
Paraffien sal ook 29-sent per liter goedkoper wees en LP gas sal 19-sent per kilogram minder kos.
Die prysaanpassings sal Dinsdagaand om middernag in werking tree.