HGL – Gholfdag
Hoekom die Hoop, Glo, Lééf-gholfdag?
Die Hoop, Glo, Lééf-gholfdag dien as hooffondsinsameling om die gemeenskap bymekaar te bring.
Om terug te gee en ander by te staan is die grondslag van gemeenskapsdiens en vrywilligerswerk. Dit leer ons dus hoe belangrik dit is om diegene in nood te help, diegene wat minderbevoorreg is of wat in moeilike omstandighede hulp nodig het.
Die belangrikheid van gemeenskapsdiens lê daarin dat dit ons met die mense in ons gemeenskap verbind, dit vir ons die geleentheid bied om ons harte met mekaar te deel en mense se lewens te verbeter. Die kersie op die koek is dat dit uiteindelik van ons direkte leefwêreld ’n beter plek maak.
Ons is opgewonde om te kan bekend maak dat Pretoria FM ons eerste jaarlikse gholfdag gaan aanbied op 2 Oktober 2024. Hierdie geleentheid het ten doel om ons gemeenskap te ondersteun en terug te gee, aangesien 100% van die opbrengs sal gaan aan die nuutgestigte Hoop, Glo, Leef MSW (maatskappy sonder winsbejag).
Meer inligting:
Datum: 2 Oktober 2024
Tyd: 11:00 (Shotgun Start)
Plek: Centurion Country Club
Ons wil graag die gemeenskap, besighede en bekendes nader om as borge vir hierdie betekenisvolle geleentheid by ons aan te sluit. As ‘n putjieborg sal jy nie net bydra tot ‘n belangrike saak nie, maar ook waardevolle blootstelling vir jou handelsmerk kry. Hier is ’n paar voordele:
- Putjieborgskap: Elke putjieborgskap sluit ’n vierbal in. ’n Vierbalfooi sluit ’n geskenkpakkie, halfweghuis, tee, koffie, gholfkarretjie en ’n buffet-ete tydens die prysuitdeling in.
- Regstreekse uitsaaiblootstelling: Pretoria FM sal regdeur die dag regstreeks vanaf die gholfbaan uitsaai om te verseker dat jou handelsmerk ‘n wye gehoor bereik.
- Promosiegesprek: Die eerste 18 borge sal ’n promosiegesprek ontvang, wat ‘n unieke geleentheid bied om jou verbintenis tot die gemeenskap uit te lig en met ons luisteraars te skakel.
- Netwerkgeleenthede: Hierdie geleentheid is ’n uitstekende platform om met huidige en potensiële kliënte te skakel en verhoudings te smee wat jou besigheid kan bevoordeel.
- Neem kennis: Borgskappe sal verseker word deur ’n getekende kontrak en betaling. Ons moedig jou aan om vinnig te spring om jou plek onder die eerste 18 borge te verseker en die promosiegesprek ten volle te benut.
- Pakkette sluit agentskapkommissie en BTW uit.
- Verskeie kompetisies en pryse is op die spel.
Kostes:
Die putjieborgskap sluit ’n vierbal in. Die vierbalfooi sluit ’n geskenkpakkie, halfweghuis-ete, tee, koffie, gholfkarretjie en ’n buffet-ete tydens die prysuitdeling in.
BTW is by alle bedrae uitgesluit.
Wat kan jy wen?
Eerste prys:
R150 000.00-Pretoria FM-bemarkingswaarde
Tweede prys:
R75 000.00-Pretoria FM-bemarkingswaarde
Derde prys:
R50 000.00-Pretoria FM-bemarkingswaarde
Maak kontak:
Indien jy op ’n ander manier betrokke wil raak stuur ‘n epos na Carly@pretoriafm.co.za.
Bevestig asseblief so gou moontlik of jy sal belangstel in hierdie geleentheid. Ons sal jou dan van die nodige besonderhede voorsien om voort te gaan. Plek is beperk.
Ons hoop van harte dat u dié vennootskap sal oorweeg. Ons sien uit na die moontlikheid om saam met jou en jou span te werk en bande te bou en om van die Hoop, Glo, Lééf-gholfdag ‘n reusesukses te maak.
Pretoria FM-groete!