23 Februarie 2021
Die DA se Federale Voorsitter, Helen Zille probeer steeds om samesweringsteorieë oor haar in die kiem te smoor.
‘n Sosiale media gebruiker met aansienlike aanhang, het haar daarvan beskuldig dat sy saam met die sakeman Elon Musk ‘n mikroskyfie in sy brein ingeplant het.
Zille het op Facebook gekla dat haar privaatheid geskend word nadat sy verskeie telefoonoproepe ontvang het van mense wat haar verantwoordelik vir die inplanting hou.
Volgens haar is sy alreeds einde verlede jaar van die bewerings ingelig, maar het nou besluit om haar tot sosiale media te wend.
Sy sê haar verduideliking dat sy nog nooit die man ontmoet het nie en dat sy ook nie weet hoe om so ‘n inplanting te doen nie, help niks.