Heilsleër bekommerd oor mensehandel in Suid-Afrika

Deur on

15 Junie 2021

Die Suid-Afrikaanse tak van die Heilsleër (Salvation Army) sê ongeveer 80% van die oproepe wat hulle ontvang staan in verband met mensehandel.

Die Heilsleër se anti-mensehandel koördineerder, kaptein Juanita Wright sê hulle is bekommerd oor die toename in voorvalle wat die afgelope drie maande onder hulle aandag gekom het.

Wright sê hulle is oortuig daarvan dat mense in die strik van ontvoerders beland weens die uitdagende ekonomiese omstandighede wat tans in die land ervaar word.

Sy het bygevoeg dat mense van alle ouderdomme en vlakke van die samelewing hierdeur geraak word en die grootste fout wat mense maak is om te dink dat dit nie met hulle of hulle geliefdes kan gebeur nie.

 Veral kinders, tieners, jong vroue en mense wat werk soek val maklik die misdadigers ten prooi.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.


Current track

Title

Artist