Grootste deel van matrieks se skoolloopbaan vandag iets van die verlede

Deur on

2 Desember 2022

Die meeste matriekleerlinge se skoolloopbaan kom vandag tot ‘n einde, met slegs enkele vraestelle wat nog volgende week geskryf sal word. 

Vandag word Afrikaans huistaal, en Afrikaans tweede addisionele taal se derde vraestel geskryf. Maandag en Dinsdag lê musiekteorie, gebare taal en dramatiese kunste voor.

Die Oos-Kaapse drankraad sê, hoewel die leerlinge op die vooraand staan van ‘n groot stap in hulle lewens, is hy uiters bekommerd oor skoolverlaterspartytjies en die misbruik van alkohol. 

Weens die kommernis het die drankraad ‘n veldtog van stapel gestuur, wat ten doel het om vergryping aan alkohol hok te slaan. Die drankraad se woordvoerder, Malibongwe Msiya sê die tema van die veldtog is: Drank kan wag my toekoms maak saak. 

Die matriekuitslae word op 20 Januarie 2023 bekend gemaak.


Current track

Title

Artist