Groot ontwrigting weens #bevryZuma-betogings

Deur on

12 Julie 2021

Die betogings ter onsteuning van die bevryding van oud-president Jacob Zuma duur vanoggend in verskeie dele van die land voort. Die R101 in Hammanskraal is versper met brandende bande en klippe en op die N2-snelweg, net noord van Port Elizabeth is vragmotors aan die brand gesteek. In KwaZulu-Natal is die N3-snelweg gesluit tussen Harrismith en Howick, uit vrees dat voertuie op die snelweg weereens geteiken word. Die Brookside winkelsentrum in Pietermaritzburg is ook in ligte laaie, na betogers die winkelsentrum binnegestorm het.

Die Metrorail in Gauteng het aangekondig dat sy treindienste vandag opgeskort word, te midde van die geweldadige betogings. Die Rea Vaya-busdiens in Johannesburg sal ook nie vandag beskikbaar wees nie en die Gautrain sal ook nie tussen Parkstasie en Rosebank loop nie.

Verder het die stadsraad van Durban aangekondig dat hy al sy busdienste tydelik gaan opskort terwyl grootskaalse plundering steeds in dié provinsie voortduur. Die minibus-taxivereniging SANTACO het ook aangekondig dat hy al sy bedrywighede oor die hele KwaZulu-Natal tot nadere kennisgewing ook opskort. Minstens twee persone is dood en twee-en-sestig in hegtenis geneem nadat die betoging oor die naweek na dele van Gauteng uitgebrei het.


Current track

Title

Artist