Grondwethof: Zuma met PW Botha vergelyk

Deur on

12 Julie 2021

Die Grondwethof het gehoor hoe oud-president Jacob Zuma se regsverteenwoordiger, advokaat Dali Mpofu die saak van Zuma met dié van die voormalige staatshoof, PW Botha vergelyk.

Mpofu het weer daarop gehamer dat Botha – wat strafregtelik deur die Waarheids- en Versoeningskommisie aangekla is omdat hy geweier het om te getuig – beter behandeling gekry het as wat Zuma nou kry.

Botha het later daarin geslaag om die skuldigbevinding deur ‘n hoër hof ter syde te laat stel.

Regter Mbuyiseli Madlanga het daarop gewys dat Botha die WVK se dagvaarding verontagsaam het en nie die Grondwethof se opdrag nie.

Madlanga het dit ook gestel dat regter Sisi Khampepe dit reeds in haar uitspraak uitgewys het.

Die verhoor – waarin oud-president Jacob Zuma vra dat die hof sy skuldigbevinding en vonnis moet terug trek – duur voort.


Current track

Title

Artist