Grondwethof hoor Zuma se aansoek aan

Deur on

12 Julie 2021

Die Grondwethof hoor vandag oud-president Jacob Zuma se aansoek aan waarin hy vra dat die hof se uitspraak – wat hom tot vyftien maande gevangenisstraf gevonnis het op ‘n klag van minagting van die hof – teruggetrek moet word.

Dit volg nadat die hof hom opdrag gegee het om voor die Zondo kommissie van ondersoek na staatskaping te getuig.

Zuma voer in sy verklaring van 34 bladsye onder andere aan dat hy gesondheidsprobleme ondervind.

Hy vra ook dat die hof weer moet bepaal of hy binne die bepalings van die Grondwet opgetree het.

Zuma het reeds vier nagte in die gevenagenis op Estcourt deurgebring.


Current track

Title

Artist