<--Google Webmaster Tool-->

Grondbesettings in Rabie Ridge duur steeds voort

Deur on

12 April 2021

Polisiebeamptes is vanoggend na Rabie Ridge in Johannesburg ontplooi nadat lede van ‘n private veiligheidsmaatskappy glo met rubberkoeëls losgebrand het op ‘n groep grondbesetters. 

Dit kom te midde van betogings, wat deur die nag voortgeduur het. Binnebande is onder meer aan die brand gesteek terwyl grondbesetters probeer om plakkershutte op privaat eiendom op te rig. 

Volgens berigte is die grondbesetters glo van Midrand. Die grondbesetters voer aan dat dié grond reeds vir talle jare ongebruik is.

Die polisiewoordvoerder, kaptein Kay Makhubela sê die polisie hou die situasie dop. 


Current track

Title

Artist