Gordyne sak vir Ticketpro Dome ná 23 jaar

Deur on

19 Julie 2021

Die Ticketpro Dome in Johannesburg – wat alreeds vir langer as 20 jaar groot konserte en ekspo’s aangebied het – gaan sy deure sluit.

Volgens ‘n verklaring is die gebeurtenislokaal deur sy eienaar, die Sasol Pensioen fonds aan ‘n derde party verkoop wat nie in dieselfde vermaaklikheidsbedryf is nie.

Die lokaal se bestuurders, RX venuebestuur sê die sluiting van die Dome is ‘n reuse verlies vir die vermaaklikheidsbedryf – dit te midde van die Covid-19-pandemie.

Volgens RX kon geen konserte of byeenkomste in 2020 of 2021 gehou word nie.

Die Ticketpro Dome het in 1998 vir die eerste keer sy deur oopgemaak en was al die gasheer vir groot name in die vermaaklikheidsbedryf.

Die amptelike oorhandiging aan die lokaal se nuwe eienaars sal op 7 September plaasvind.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier


Current track

Title

Artist