Goedkoper brandstof vir Desember vakansie

Deur on

1 Desember 2023

Die petrolprys sal Woensdag (6 Desember) met 65-sent per liter daal, terwyl die groothandelprys van diesel met tussen R2,35 en R2,41 per liter gaan daal – afhangend van die swaelinhoud.

Die groothandelprys van paraffien sal met R1,71 per liter daal.

95-oktaan petrol in Gauteng sal ná Woensdag R23,25 per liter kos, terwyl dit R22,53 per liter aan die kus sal kos. Met die verlaging in die dieselprys sal dié brandstof nou die goedkoopste wees sedert Augustus vanjaar.

In November is die prys van petrol met R1,78 per liter verlaag, terwyl diesel met meer as tagtig-sent gedaal het.

Die departement van minerale hulpbronne en energie het die aankondiging vandag gemaak.


Lees verder

Current track

Title

Artist