GISTER SE GEBEURE

Deur on

Met Esmarie Yssel

In 1938 word die Federasie van Amateurtoneelverenigings van Suidelike Afrika, Fatsa, in Krugersdorp gestig met Breytie Breytenbach as die eerste president.
In 1903 stel die roomysverkoper, Italo Marcione, die handige eetbare koekie-roomyshorinkie in New York bekend.
In 1977 is die musiekdrama Saturday Night Fever – met John Travolta in die hoofrol – vir die eerste keer vertoon. Die film was ’n wegholsukses, net so ook die klankbaan van die film waarvoor die Bee Gees verantwoordelik was.]
In 1978 is bykans sesmiljoendollar se kontant en juwele vanuit die lugvraggebou van die Duitse lugdiens Lufthansa by die John F. Kennedy Internasionale Lughawe in New York gesteel. Ten tyde van die Lufthansa Heist, soos dit bekend gestaan het, was dit die grootste kontantdiefstalvoorval in die Verenigde State.
In 1980 omstreeks elfuur die oggend is John Lennon vier keer in sy rug – in die oprit van sy luukse woning in Manhattan – geskiet. Sy vrou, Yoko Ono, was saam met hom en het die aanval aanskou. Hy is in ’n polisievoertuig na die St Luke Roosevelt-hospitaal gehaas waar hy oorlede is. Sy moordenaar, Mark Chapman, het etlike ure tevore vir sy handtekening gevra en toe verskuil langs die oprit gaan lê en wag vir Lennon om tuis te kom. Ná die voorval het Chapman net daar bly sit en Catcher in the Rye gelees terwyl hy vir die polisie gewag het om op te daag. Hy het vir die polisie gesê dat hy stemme in sy kop gehoor het wat vir hom gesê het om die wêreldbekende musikant dood te maak.
In die jaar 1900 het Emily Hobhouse na Suid-Afrika gereis. Tydens die eerste vyf maande van 1901 het sy verskeie konsentrasiekampe in die Oranje-Vrystaat en Noord-Kaap besoek en was gewalg deur die omstandighede waaronder die vrouens en kinders moes leef. Sy het toe die Suid-Afrikaanse Vrouens en Kinders Noodfonds op die been gebring om die vrouens en kinders te voed, te klee en skuiling aan hulle te voorsien.
In 1967 word die wêreld se eerste hartoorplanting op ’n kind uitgevoer, drie dae na die eerste hartoorplanting in Suid-Afrika. In dié geval was dit dr. Adrian Kantrowitz en sy span sjirurge wat die oorplanting in Amerika uitgevoer het.
In 1934 is die Verenigde Party, wat amptelik gevorm is tussen die Nasionale Party – onder die leierskap van generaal J.B.M. Hertzog en die Suid-Afrikaanse Party – onder leiding van generaal J.C. Smuts, gestig. In 1933 het twee partye hul verskille opsy gesit en begin saamwerk toe hulle dié koalisieregering gevorm het.
Op 4 Desember in 1908 is Kaapstad deur ’n aardbewing getref wat 6,5 op die Richterskaal gemeet het. Dis die ergste aardbewing wat nog in dié omgewing aangemeld is. Op daardie stadium was daar nie veel infrastruktuur nie, maar sou ’n aardbewing vandag in daardie spesifieke omgewing voorkom sou dit verwoestend wees wat mense en infrastruktuur betref.
In 1880 is die spoorlyn tussen Durban en Pietermaritzburg voltooi. Dit was op die 20ste herdenking van spoorweë in Suid-Afrika. Die wetgewende raad van die Natalse Kolonie het die bouwerk van hierdie spoorlyn – insluitend syspore na Isipingo en Verulam – in 1875 goedgekeur. Sir Henry Bulwer – die Natalse goewerneur – het die eerste sooi – op 1 Januarie 1876 gespit.
In 2001 het die soektog na die Green River Killer tot ’n einde gekom toe Gary Ridgway in Washington vasgetrek is en hy later skuldig gepleit het op die moord van 48 vrouens, hoewel hy beweer het dat hy tot 80 vrouens vermoor het. Hy het die owerhede vir 19 jaar ontwyk. Hy was die dodelikste reeksmoordenaar in die Verenigde State.
Op 29 November in 1789 is die Groote Kerk se preekstoel, wat deur Anton Anreith ontwerp is, in Kaapstad ingewy. Die Groote Kerk is die oudste Nederduits Hervormde Kerk in Suid-Afrika en is op Kerkplein in Adderly-straat geleë. Die gebou is ontwerp deur Hermann Schutte en is op 31 Januarie 1841 ingewy en is tot nasionale monument verklaar in 1962.
Op 28 November in 1904 het Emily Chinea die eerste vrou geword om in Suid-Afrika gehang te word vir die moord op haar man. Emily en haar minnaar, Lucas Matong, is albei skuldig bevind vir die moord op haar bejaarde man en albei is op 28 November 1904 gehang. Die moord was gewelddadig. Hulle het ’n byl en klippe gebruik as moordwapens en sy liggaam in ’n rivier gegooi.
Op 25 November in 1642 het die Nederlandse seevaarder Abel Janszoon Tasman – wat vanaf Batawië (deesdae bekend as Jakarta) gereis het om die praktiese sy van ’n seedeurgang ooswaarts Chile toe te ondersoek en om Nieu-Guinee te ontdek – toevallig Tasmanië ontdek.
Op 23 November 1887 is Hendrik Johannes van der Bijl in Pretoria gebore. Hy kom uit ’n baie invloedryke gesin. Sy pa was ’n varsproduktehandelaar en eiendomsbelegger wat in dieselfde kringe as hooggeplaastes soos Louis Botha en Jan Smuts beweeg het. Van der Bijl het fisika in Duitsland studeer en in 1920 na Suid-Afrika teruggekeer. Hy het die Elektrisiteitsvoorsieningskommissie, Escom, in 1923 gestig. Escom het vinnig gegroei en kon gou doeltreffende, bekostigbare krag aan Suid-Afrika lewer. Van der Bijl het toe sy visier op die staalbedryf ingestel en het toe die Suid-Afrikaanse Staal en Yster-korporasie, Iscor, gestig. Hy is in 1948 oorlede en word beskou as een van die grootste geeste in Suid-Afrika vir sy bydrae tot die land se ontwikkeling.
1995 – Pixar se gewilde fliek Toy Story is vrygestel. Dit is die eerste animasie-fliek wat geheel en al op ’n rekenaar vervaardig is.
Op 21 November 1783 is die eerste warmlugballonrit met passasiers aan boord suksesvol onderneem. Jean-François Pilâtre de Rozier en François Laurent het aan die buitewyke van Parys rondgesweef in ’n ballon wat gemaak is deur Joseph-Michel en Jacques-Etienne Montgolfier.
Op 20 November 2005 het ’n Pretoriase motorfietsryer die nuus gehaal toe hy 284 kilometer per uur op die R59-suid naby Kliprivier in Ekurhuleni gery het. Sy verskoning was dat hy laat is vir ’n sosiale saamtrek (breakfast run). Hy is aangekla van roekelose en nalatige bestuur en is later op borgtog van R1000 vrygelaat.
In 1892 word Johannesburg se eerste gaslamp buite die landdroskantoor op Markplein aangebring.
In 1966 is ’n Siamese tweeling suksesvol in die Rooikruishospitaal in Kaapstad geskei. Die operasie was die eerste van sy soort in Suid-Afrika se mediese geskiedenis
Op 15 November 1926 is die Suid-Afrikaanse skrywer Herman Charles Bosman – wat toe 21 jaar oud was – aan moord skuldig bevind. Hy was ’n onderwyser in die Marico-distrik van die Noordwes-Transvaal toe hy tydens die Junie-skoolvakansie vir sy ma en stiefpa in Johannesburg gaan kuier het. Hy en sy stiefbroer het in ’n woordewisseling betrokke geraak en hy’t ’n jaggeweer afgevuur en sy stiefbroer doodgeskiet. Hy is skuldig bevind en aanvanklik ter dood veroordeel, maar sy vonnis is later na tien jaar tronkstraf omgeskakel waarvan hy 4 en ’n half jaar uitgedien het voor hy vrygelaat is.
In 1889 het die Amerikaanse joernalis, Nellie Bly, dit haar missie gemaak om om die wêreld te reis binne 80 dae. Haar regte naam was Elizabeth Cochrane Seaman en sy het in die voetspore van die fiktiewe karakter Phileas Fogg uit Jules Verne se boek, Around the World in 80 Days, gevolg. Sy het haar avontuur in Hoboken afgeskop en sy het 72 dae later teruggekeer.
In 1914 het Mary Phelps Jacob die bra gepatenteer. / In 1970 is Maria Groesbeek in die ouderdom van 33 gehang vir die arseenmoord op haar man, Christiaan Buys.
In 1903 is ruitveërs gepatenteer. Die Amerikaanse patentkantoor het die patent toegeken aan Mary Anderson wat dié praktiese uitvindsel vir motors uitgedink het. Maar Cadillac was die eerste motors wat ruitveërs eers in 1922 geinstalleer het.
Op 9 November 1888 het Jack the Ripper se moordtog in die Whitechapel-distrik in Londen tot ’n einde gekom. En tot vandag gryp dié raaisel mense se verbeelding aan.
Op 8 November in 1887 is die Johannesburgse Effektebeurs gestig om die ontploffing van handel tydens die ontdekking van goud te fasiliteer. Die ontdekking van goud in 1886 het gelei tot die ontwikkeling van myne, en finansiële maatskappye en beleggers het ’n sentrale instelling gekort om toegang tot kapitaal te verkry. Die handeldryf het aanvanklik in ‘n mynertent plaasgevind en toe geskuif na die stalle op die hoek van wat nou as Sauer- en Commissionerstraat bekend staan.
Op 7 November in 1988 het Moeder Teresa in Suid-Afrika aangekom om ’n sendingstasie vir MIV/VIGS-lyers te vestig.
Gister se Gebeure. In 1778 bereik Joachim A. Van Plettenberg ’n baai naby Melkhoutkraal waar hy ’n klippilaar plant wat in die Kaap gemaak is. Hy noem die plek Plettenbergbaai.
Ons reis elke oggend in Klankkoerant Bylaag terug in die verlede in Gister se Gebeure.
Op 1 November in 1997 is James Cameron se rolprent, Titanic, vir die eerste keer aan gehore vertoon by die Internasionale Filmfees in Tokio. Dié film het vir Leonardo DiCaprio en Kate Winslet internasionale sterre gemaak… en Titanic het een van die films geword wat die meeste geld by die loket gemaak het.
Op 31 Oktober in 2011 het die wêreldbevolking die 7 miljard merk bereik. Die VN se Bevolkingsfonds het die dag verklaar as die Dag van Sewe Miljard.
In 1961 het die Sowjet-unie die grootste kernwapen in die geskiedenis oor die Novaya Zemlya-eiland in die Arktiese Oseaan laat ontplof. Die 57 megaton-kernbom was enig in sy soort en die flitsende lig wat verskyn het tydens die ontploffing teen ’n hoogte van 13-duisend voet was vir oor die eenduisende kilometer sigbaar.
In 1984 het die eerste baba ’n orgaan van ’n ander spesie ontvang. Baba Fae is op 14 Oktober 1984 met ’n skaars hartdefek gebore en het ’n hart van ’n bobbejaan ontvang. Die operasie is deur dr. Leonard Bailey uitgevoer by die Loma Linda-universiteit se Mediese Sentrum in Kalifornië. Hoewel die operasie ’n sukses was het Baba Fae se liggaam die hart verwerp en sy is ’n paar weke daarna oorlede.
In 1955 is die eerste mikrogolfoonde verkoop.
In 1999 het die Springbokke Engeland in ’n wêreldbekerkwarteindstryd op Stade de France geklop met 44 teen 21. Die losskakel Jannie de Beer het ’n nuwe wêreldrekord opgestel met 5 skepdoele, 5 strafdoele en 2 doelskoppe.
In 1998 het die Amerikaanse sangeres Britney Spears haar enkelsnit – Baby One More Time, vrygestel wat ’n treffer geword en aan haar popsterstatus verleen het.
Ons reis elke oggend in Klankkoerant Bylaag terug in die verlede in Gister se Gebeure.
In 1995 is die reeksmoordenaar Moses Sithole in Pretoria aangekeer. Sithole – wat Suid-Afrika se Ted Bundy genoem is – was op daardie stadium die mees gesoekte misdadigers in die land. Sithole is in hegtenis geneem vir die moorde van 37 vrouens en een kind en die verkragting van 40 vrouens in Gauteng.
In 1961 is die rolprentweergawe van die musiekblyspel, West Side Story, ’n verwerking van die Broadway-musiekblyspel – in Amerikaanse bioskope vrygestel. Hy het 10 Oscars ingepalm, insluitend vir die beste rolprent. In 2021 is daar weer nuwe kleur in West Side Story geblaas toe Steven Spielberg sy stempel op dié verhaal afgedruk het met Rachel Zegler en Ansel Elgort in die hoofrolle van Maria en Tony.
In 1814 het die Londense biervloed plaasgevind toe vate bier by die Meux and Company-brouery gebars het en 610-duisend liter bier in die strate afgestroom het. Die biergolf het inderwaarheid 8 mense se lewens geëis – ván hulle wat byeengekom het vir ’n begrafnis.
In 1923 is die Walt Disney-maatskappye geskep deur die broers Walt en Roy en dit het al die Disney Brothers Cartoon Studio bekend gestaan. Dié ateljee is sinoniem met animasiefilms en karakters wat kinderharte bly maak.
In 1923 is die Walt Disney-maatskappye geskep deur die broers Walt en Roy en dit het al die Disney Brothers Cartoon Studio bekend gestaan. Dié ateljee is sinoniem met animasiefilms en karakters wat kinderharte bly maak.
In 1951 is Sally Little, Suid-Afrikaanse gholfspeler wat deur die LPGA erken is as een van sy top 50-spelers – in Kaapstad gebore. Teen die ouderdom van 17 het sy al meer as ’n dosyn nasionale en streeksamateurtitels verwerf en in 1970 is sy benoem as die Suid-Afrikaanse Sportster van die Jaar. Sy het in 1971 na Amerika verhuis en is uitgenooi om deel te word van die Dames Professionele Gholfvereniging. Haar vroeë dae het belowend gelyk, maar nie op veel prestasies uitgeloop nie. In ’n onderhoud in die New York Times in 1981 het sy erken dat haar gewigstoename haar professionele loopbaan gekelder het.
Vandag in die geskiedenis het die gewilde verhoogstuk Phantom of the Opera sy debuut gemaak. Esmarie Yssel het hierdie insetsel saamgestel.
Op 5 Oktober 1945 is Suid-Afrika se legendariese televisienuusleser, Riaan Cruywagen, in Johannesburg gebore. Hy het aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en sy loopbaan as joernalis in 1965 begin toe hy deeltyds by die SAUK in Kaapstad aangesluit het. Hy was die SAUK se langsdienende TV-nuusanker sedert die eerste televisienuusuitsending in 1975. Hy het meer as 7-duisend TV-nuusbulletins aangebied.
Op 4 Oktober 1929 is die Tafelbergkabelkar – een van die wêreld se gewildste toeristetrekpleisters – ingehuldig. Die seremonie is gelei deur die Kaapstadse burgemeester, dominee A.J.S. Lewis.
In 1995 het een van die opspraakwekkendste hofsake in die geskiedenis van Amerika ten einde geloop toe die jurie vir O.J. Simpson kwytgeskeld het vir die moord op sy eksvrou Nicole Brown Simpson en haar vriend, Ron Goldman.
In 1950 is Peanuts vir die eerste keer gepubliseer. Charles M Schultz se strokiesprent is vir die eerste keer in 9 koerante regoor Amerika gedruk.
Op 29 September 1969 het ’n vernietigende aardbewing die Bolandse boerderydorpies, Tulbach, Wolseley en Ceres getref. Dit was die verwoestendste aardbewing in Suid-Afrika se geskiedenis wat 6,3 op die Richterskaal gemeet het. Die aardbewing het tot 9 sterftes gelei en menigte huise is onbewoonbaar beskadig. Restourasieprogramme in Tulbach het veral op Kerkstraat gefokus , die straat met die oudste geboue in die dorp.
In 1886 het Henry Brown Marshall vir Kidger Tucker gevra om planne te teken vir ’n nuwe woongebied vir Johannesburg. Die plan is in Oktober 1886 uitgelê. Dit het strate, soos Commissioner, Troye, Ferreira, Albert en Cornelius-straat ingesluit. In dieselfde jaar is goud aan die Witwatersrand ontdek. Die ZAR-beamptes – Johannes Meyer en Johannes Rissik – het nie geglo dat die goudstormloop lank sou duur nie en het ’n klein driehoekstuk grond uitgelê en dit met soveel as moontlik plotte volgemaak. Dit is waarom die paaie in Johannesburg se sakekern – genaamd Marshalltown – so smal is.
Op 26 September 1897 is Professor James Leonard Brierly Smith in Graaff-Reinet gebore. Hy het chemie aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en het sy PhD aan Oxford voltooi. Toe hy terugkeer van Oxford af het hy chemie begin gee aan die Rhodesuniversiteit in Grahamstad. Maar hy het stelselmatig oorgeskakel na viskunde. Hy het ’n vooraanstaande figuur in die wetenskapwêreld geword toe hy ’n selekantspesie uitgeken het. Dié oervisspesie is op 22 Desember 1938 naby Oos-Londen deur die visserman Hendrik Goosen gevang. ’n Skets van die vis is deur die Oos-Londense museum na prof. Smith toe gestuur wat die vis as die selekant uitgeken en Latimera Chalumna genoem het, vernoem na Marjorie Courtney-Latimer, wat die vis eerste ondersoek het, en die Chalumna-rivier waar hy gevang is.
GISTER SE GEBEURE – Vandag in 19-honderd het die Britte die eerste twee konsentrasiekampe tydens die tweede Anglo-boereoorlog – of Suid-Afrikaanse oorlog – begin. Die eerste twee kampe is in Pretoria en Bloemfontein opgerig. Die aanvanklike idee vir die kampe was om families van hensoppers te beskerm, maar soos die geskroeide aarde-beleid toegepas is, is die geliefdes van boerevegters kampe toe gestuur en vlugtelingkampe het konsentrasiekampe geword.
GISTER SE GEBEURE – Op 21 September 1980 het Edwin Smith die jongste baba in Suid-Afrika geword om opehartsjirurgie te ondergaan. Professor Rob Kinsley van die J.G. Strijdomhospitaal – wat die hoof van die hospitaal se kardiotorakspan was – het die operasie behartig. Edwin, die seun van Nico en Martha Smith, was nog nie eers ’n dag oud nie toe hy met ’n aangebore hartprobleem gediagnoseer is wat die bloedvloei na sy hart en longe belemmer het.
GISTER SE GEBEURE – Op 20 September 1978 het Suid-Afrika se eerste minister, John Vorster, sy bedanking aangekondig. Vorster is gedwing om te bedank as gevolg van die Inligtingskandaal van dieselfde jaar wat gewentel het om die wanaanwending van staatsgeld vir propagandaveldtogte. Die Rand Daily Mail en Sunday Express was die eerste om snuf in die neus te kry. Geheime projekte is befonds met geld van die departement van verdediging met die toestemming van Vorster. P.W. Botha – toe die minister van verdediging – was ontevrede met die misbruik van sy departement se geld… en toe Vorster gedwing is om te bedank is Botha as eerste minister verkies.
Op 20 September 1978 het Suid-Afrika se eerste minister, John Vorster, sy bedanking aangekondig. Vorster is gedwing om te bedank as gevolg van die Inligtingskandaal van dieselfde jaar wat gewentel het om die wanaanwending van staatsgeld vir propagandaveldtogte. Die Rand Daily Mail en Sunday Express was die eerste om snuf in die neus te kry. Geheime projekte is befonds met geld van die departement van verdediging met die toestemming van Vorster. P.W. Botha – toe die minister van verdediging – was ontevrede met die misbruik van sy departement se geld… en toe Vorster gedwing is om te bedank is Botha as eerste minister verkies.
In 1924 het George Walker, die medeontdekker van die goudrif aan die Witwatersrand, in armoede gesterf. Dit word wyd aanvaar dat George Harrison die goudrif ontdek het, maar wat in twyfel getrek is, is dat George Walker dit saam met hom ontdek het. Albei mans het hulle eie weergawe van hoe hulle op die goudrif afgekom het gehad, maar slegs Harrison se weergawe van gebeure is deur bewyse ondersteun. Walker is toe op 18 September 1924 in Krugersdorp oorlede… en omdat hy nooit erken is as medeontdekker van die rif nie, is hy in armoede oorlede.
Op 8 September 2022 is Koningin Elizabeth die tweede in die ouderdom van 96 oorlede en sy is opgevolg deur haar seun, Koning Charles III.
In 1940 het die Duitsers begin om die Verenigde Koninkryk en Londen te bombardeer. Vir 57 dae het die Duitse Luftwaffe bomme oor Londen laat reën waarin 20-duisend mense gedood is en miljoene huise vernietig is. Die strategie het aangegaan tot in Mei 1941. Toe het Duitsland sy aandag na die Sowjet-unie verskuif.
Op 6 September 1966 het die parlementêre diensbeampte, Dimitri Tsafendas die Suid-Afrikaanse eerste minister H.F. Verwoerd vermoor. ’n Vorige aanslag op Verwoerd se lewe het plaasgevind op 9 April 1961 toe hy by die Randse Paasskou twee keer in die gesig geskiet is. Tydens Tsafendas se verhoor het hy beweer dat ’n reuse lintwurm binne-in hom aan hom die opdrag gegee het om die eerste minister te vermoor. Hy het die doodstraf vrygespring nadat die staat se psigiaters hom kranksinnig verklaar het.
In 1888 is die foto-ontwikkelingsmaatskappy Kodak – ook bekend as Eastman Kodak Company – deur die uitvinder George Eastman – begin. Mnr. Eastman het op dieselfde dag die patent ontvang vir die filmkamera. Die kameras – wat vooraf gelaai is met ‘n filmrol wat tot 100 foto’s kon neem – het die wêreld van fotografie verander en selfs vir die amateurfotograaf oopgestel.
Op 23 Mei 1981 het die Staatsteater in Pretoria sy deure geopen. Die teaterkompleks is deur die Japannese boustyl geïnspireer en was die eerste van sy soort in Suider-Afrika. Hoewel die teater as niewinsgewende regeringsbefondste teater begin is maak hy vandag staat op openbare befondsing vir oorlewing.
In 1955 is die Polio-inenting – deur dr. Jonas Salk ontwikkel – veilig en doeltreffend verklaar.
In 1959 is professionele sokker in Suid-Afrika ingebring toe die Nasionale Sokkerliga gestig is. Die liga het uit 12 klubs van Johannesburg en Pretoria bestaan, waarvan nie een vandag meer bestaan nie. FIFA het Suid-Afrika in 1962 geskors. Later, in 1971 is die Nasionale Professionele Sokkerliga op die been gebring en die Orlando Pirates is as die eerste nasionale kampioene gekroon. Die professionele liga se naam is intussen na die Premier-sokkerliga verander. En SAFA is uiteindelik op 8 Desember 1991 gestig.
Op 10 Mei in 1995 is meer as 100 mynwerkers dood in ’n mynongeluk in Orkney in Noordwes toe ’n skaghysbak na benede getuimel het. Daar word geglo dat die ongeluk deur menslike nalatigheid veroorsaak is, nadat ’n lokomotief deur die veiligheidsgrens gebars, bo-op die hysbakhok beland het en toe daartoe gelei het dat die kabel gebreek het.
Op 9 Mei 1988 het die wêreldbekende atleet, Zola Budd, wat in 1984 na Brittanje geëmigreer het om aan die Los Angeles Olimpiese Spele deel te neem – aangekondig dat sy van internasionale atletiek onttrek en permanent na Suid-Afrika sal terugkeer.
Op 8 Mei 1886 is Coca-Cola uitgevind. Volgens legende het die Atlanta-apteker, dr. John Styth Pemberton die stroop in ’n bronspot in sy agterplaas gekook. Die aanvanklike idee was om dit as medisyne te patenteer, spesifiek as ’n plaasvervanger vir morfien. Maar vandag is Coca-Cola die wêreld se gewildste gaskoeldrank en een van die bekendste handelsmerke. Die amptelike Coca-Cola-maatskappy as multinasionale korporasie is in 1892 in die lewe geroep. Volgens die jongste syfers drink Coke-liefhebbers meer as een komma 8 miljard eenhede Coke per dag.
Op 5 Mei 1925 is Afrikaans as amptelike landstaal verklaar.
In 1959 is die Grammy-toekennings vir die eerste keer aangebied. Dis die gesaghebbendste musiektoekenningsgeleentheid in die bedryf. Die wenners van die eerste Grammies het Ella Fitzgerald, Henry Mancini en Frank Sinatra ingesluit.
[In 1978 The Digital Equipment Corporation die wêreld se eerste gemors-e-pos uitgestuur. 600 e-posse is lukraak uitgestuur en het daartoe gelei dat 12 miljoen Amerikaanse dollar se rekenaars verkoop is. Sedertdien het ongevraagde grootmaat-e-posse ’n pyn geword soos gemorsposverspreiders dieselfde sukses probeer nastreef. /// Dis ook vandag Wêreldmediavryheiddag.
Op 2 Mei 1892 is Manfred von Richthofen – bekend as die Red Baron – in Duitsland gebore. Von Richthofen was Duitsland se beste vlieënier tydens die Eerste Wêreldoorlog.
Op 28 April 2003 het Apple sy iTunes-winkel van stapel gestuur wat aan selfoongebruikers die geleentheid gegee het on musiek van die internet af te laai na hul iTunes-diskoteek toe. In 2010 het die iTunes-winkel sy 10-miljardste liedjie verkoop.
Gister se Gebeure. [In 1968 is die Ben Schoeman N1-hoofweg tussen Johannesburg en Pretoria – vernoem na die destydse minister van vervoer – geopen. /// In 1986 het die omvangrykste kernramp in die geskiedenis gebeur… toe reaktor 4 van die Chernobyl-kernkragaanleg ontplof het. Groot dele van Europa is besmet en daarom is dit tot vandag toe uitdagend om vas te stel hoeveel duisende mense in die daaropvolgende dekades dood is as gevolg van kanker wat deur die radioaktiewe stof in die atmosfeer veroorsaak is.]
Gister se Gebeure. [In 1901 het New York die eerste Amerikaanse staat geword om nommerplate vir voertuie wet te maak. Die goewerneur, Benjamin Odell Junior, het dié wet bekragtig wat bepaal het dat die voertuigeienaar se voorletters aan die agterkant van die voertuig aangebring moes word.]
Gister se Gebeure. [Op 24 April 1987 het Barclays-bank sy naam na Eerste Nasionale Bank verander. Na afloop van betogings teen Barclays se betrokkenheid in Suid-Afrika het dié bankgroep sy nuwe naam – Eerste Nasionale Bank van Suider-Afrika – wat in sy geheel deur Suid-Afrikaners besit en bestuur sou word – aangekondig.]
Gister se Gebeure. [In 1969 het die 40-jarige Dorothy Fisher die eerste vrou in Suid-Afrika geword wat ’n hartoorplanting gekry het. Sy was ook die vyfde pasiënt en die pasiënt wat die langste oorleef het. Sy het ná die oorplanting vir nog 12 jaar geleef. Dr. Chris Barnard en sy span het toegegee dat sy oorlede is, omdat haar liggaam die oorgeplante hart verwerp het. Dis eers later in die 1980’s wat navorsers cyclosporin, ’n teenverwerpingsmiddel, ontwikkel het.]
Gister se Gebeure. [Op 14 April 1865 is die Amerikaanse president Abraham Lincoln deur John Wilkes Booth geskiet terwyl hy besig was om ’n verhoogproduksie by Ford’s Theatre te kyk. Booth se doel voor oë was om die soewereiniteit van die Suide te behou, etlike dae nadat die VSA oorgegee het aan die Unieweermag wat die Amerikaanse burgeroorlog tot ’n einde gebring het. Lincoln het die volgende oggend gesterf.]
Gister se Gebeure. [Op 13 April 1688 het die eerste groot groep Franse Hugenote in die Kaap aangekom, hoewel die eerstes reeds in 1671 hier aan die Suidpunt van Afrika kom nes skrop het. Die eerste Franse Hugenoot was Francois Villion, wat later Viljoen sou word. Teen 1692 het 201 Hugenote in die Kaap gevestig.]
Gister se Gebeure. [In 1892 is ’n patent vir die eerste draagbare tikmasjien in die VSA uitgereik. Ander bronne meen die eerste tikmasjien is in die 1870’s in Brittanje in gebruik geneem.]
Gister se Gebeure. [Op 11 April 2001 is minstens 43 dood in die Ellispark-stormloop tydens ’n sokkerwedstryd tussen die Kaizer Chiefs en Orlando Pirates.]
Gister se Gebeure. [In 1874 het Gerhardus Cornelis Oosthuizen ’n deel van die plaas Langlaagte vir ’n honderd pond gekoop. Dié plaas sou later as deel van die Witwatersrand se goudrif verklaar word toe goud daar ontdek is. Toe die hoofgoudrif egter in 1886 in die Roodepoort-omgewing van Johannesburg ontdek is, is Langlaagte deel gemaak van ’n groep bestaande uit 9 plase wat as openbare goudgraafplekke verklaar is. Mense het byna onmiddellik na die goudvelde begin stroom en graafkampe opgesit. Hierdie grawerskampe het gelei tot die vorming van Johannesburg, bekend as Egoli, die Plek van Goud.]
Gister se Gebeure. [In 1998 is die wêreld se grootste hangbrug, die Akashi Kaikyo-brug in Japan, vir verkeer geopen.]
Gister se Gebeure. [In 1969 het Denton Cooley die eerste kunsmatige hartoorplanting gedoen. Die masjien het die pasiënt Haskell Karp vir 65 ure aan die lewe gehou. Hy is ongelukkig oorlede voordat ’n menshart beskikbaar geraak het.]
[In 1973 is die eerste openbare mobiele telefoon op ’n Manhattansypaadjie geinstalleer. Motorola se Martin Cooper het vir Joel Engel van Bell Labs gebel. Sy eerste woorde was: “Joel, ek skakel jou vanaf ’n regte sellulêre telefoon. ’n Draagbare telefoon.”]

Current track

Title

Artist