Gesprekke

Deur on

Anton en Elsa gesels oor sake wat jou raak

Die welbekende en gewilde skrywer, motiveringspreker en aktrise, Susan Coetzer, gesels oor haar nuutste roman Haas & Harriët wat onlangs op die rakke verskyn het.

Dis daai tyd van die jaar wat almal net voel asof hulle nou genoeg gehad het. Genoeg van werk, genoeg van die kinders rondry na skool en sport, genoeg van familievetes of gesellighede reël. Baie mense voel hulle het net nie meer die motivering nie, of gee net nie meer om nie. Dit voel dalk ook of jy in jou verantwoordelikhede verdrink. Indien jy so voel, is jy dalk uitgebrand. Uitbranding is meer algemeen as wat jy dink. Ons gesels met Maryke Groenewald, sy is ‘n lewensafrigter en NLP praktisyn.
Die welbekende en gewilde Amore Bekker is deesdae ’n raakprater en meen ’n mens moet werk met die kaart wat vir jou gedeel is. Ook dat ‘n mens empatie met jouself moet hê en vandag ry sy saam met ONS Huis Toe om ons sommer so – op die pad – raak te praat!
Ouma is op pad… dié keer weer na Pretoria. Nou, ons het voorheen met Margit Meyer-Rödenbeck [Maier-Rudenbeck] gesels, maar ek kon intussen daarin slaag om Ouma se arm te draai om vir ’n paar minute met ons te gesels.
’n Tienjarige meisie van Melkbosstrand, Karli Fourie, is amptelik die jongste swemmer wat die 7,6 kilometer tussen Bloubergstrand en Robbeneiland geswem het. Sy het die 11-jarige Abriella Bredell se rekord wat in 2018 opgestel is verbeter. Dié dogtertjie is soos ’n vis in die water en het saam met die veteraanswemmer, Howard Warrington, hierdie doelwit aangepak… want sy was vasberade om geld vir die liefdadigheidsorganisasie, Home from Home, in te samel.
Ons gesels met Cornèl Meyer, TUT-student en ontwerper van die Voortrekkermonument-stel vir Lego en met die Voortrekkermonument oor dié eer wat hom te beurt geval het om deur Lego uitgebeeld te woord.
Tadisa Mayakaidze is ’n graad sewe-leerling aan die Rijk Tulbagh-privaatskool in die Kaap… en hoewel Afrikaans sy derde taal is het hy die ATKV se redenaarskompetisie in die Afrikaans Addisionele Taal-kategorie vir graad 6 en 7 gewen. EN hy het die prys vir beste taalgebruik gewen. Ons gesels regstreeks met Tadisa en gee vir die ATKV die geleentheid om hom op die lug geluk te wens.
Dis byna vier maande sedert die verdwyning van Joshlin Smith. Die vier beskuldigdes wat glo verantwoordelik is vir haar verdwyning op 19 Februarie – wat haar ma insluit – het in die Vredenburg-landdroshof verskyn. Die saak sal op 16 September in die Kaapstadse hooggeregshof hervat word.
Ons gesels vanmiddag oor motorkapings in Suid Afrika. Onlangse syfers dui daarop dat 71% van kapings in motoriste se opritte plaasvind, wanneer die kapers motoriste se pad versper sodat hulle nie kan ontsnap nie. Ander gewilde plekke waar motorkapings plaasvind, sluit in inkopiesentrums, sowel as skool en sportbyeenkomste. Vir meer hieroor sluit ons nou aan by Richard Brussow, direkteur van die National Hijack Prevention Academy.
Die Chinese aanlyn inkopieplatform, Temu, word daarvan beskuldig dat hy gebruikers se aanlyn bedrywighede dophou deur middel van spioenasiesagteware om gebruikers se inligting te bekom.
Die platform word nou deur die moontlikheid van ’n groepsgeding in die gesig gestaar.
Ons vind meer uit by Hanno Labuschagne, spesialisskrywer by MyBroadband.

Current track

Title

Artist