Gesprekke oor e-tol vorder glo goed

Deur on

3 Oktober 2023

Die Gautengse LUR vir vervoer, Kedibone Diale-Tlabela, sê gesprekke om die afskaffing van e-tol te finaliseer is in ‘n gevorderde stadium, maar dat e-tol beslis nie iets van die verlede is nie.

Die minister van finansies Enoch Godongwana, het byna ‘n jaar gelede tydens sy medium-termyn-begrotingsrede aangekondig, dat e-tol afgeskaf word.

Daar word ingevolge wetgewing steeds van motoriste verwag om vir e-tol te betaal, terwyl die proses aanhou sloer.

‘n Komitee is intussen gestig om die proses van afskaffing te hanteer.

Dié komitee sal ook oor diegene met agterstallige skuld; terugbetalings aan diegene wat jare lank vir e-tol betaal; en eienaarskap van die pad waarop die e-tolhekke staan, beslis.


Current track

Title

Artist