Gesondheidsdepartement sê “daar is plek in Vrystaatse hospitale vir Covid-19-pasiënte”

Deur on

15 Junie 2021

Terwyl die Vrystaatse departement van gesondheid beweer dat daar nog talle beddens beskikbaar is vir pasiënte met Covid-19, is van Bloemfontein se vooraanstaande medici dit eens dat al meer mense tuis sterf omdat hospitaalbeddens vol is.

‘n Woordvoerder vir die departement, Mondli Mvambi sê die Nasionale Hospitaal se eenheid vir Covid-19 pasiënte raak soms vol, maar dat pasiënte dan na Pelonomi of Universitas oorgeplaas word.

‘n Plaaslike internis, dr. Freek Bester sê egter die stryd teen die virus raak al hoe erger en dat daar nie beddens in hoësorg- of waakeenhede beskikbaar is nie.

Volgens hom was daar gister net een bed vir ‘n manlike pasiënt beskikbaar maar dat dié bed weer feitlik onmiddelik gevul is.

Nóg ‘n geneesheer, dr. Cloete Jansen van Vuuren, ‘n spesialis in oordraagbare siektes, sê daar was oor die naweek nie ‘n enkele hart-long-masjien in Bloemfontein, Johannesburg of Pretoria beskikbaar waarheen Covid-19 pasiënte oorgeplaas kon word nie.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.


Current track

Title

Artist