fbpx

Gesondheid vir mens en dier

Deur on Mrt 16, 2020

Nuuskommentaar: 16 Maart

Die uitbreek van die wêreldwye corona virus het weer eens gewys op die noodsaaklikheid van goeie gesondheid stelsels.

In Suid-Afrika word al lank bespiegel oor n nasionale gesondheid versekering. Ten spyte van baie bedenkinge lyk dit of die regering daarmee wil deurdruk, selfs al kan dit, soos so baie van hulle ander projekte, lei tot ineenstorting van dienste en uiteindelike chaos.

Dit is egter nie net gesondheidsdienste vir mense wat noodsaaklik en op onberispelik hoë standaard moet wees nie. Dieregesondheid is netso van kardinale belang. Immers, daar word wyd bespiegel dat die Corona virus juis ontstaan het omdat die Sjinese bevolking soms snaakse eetgewoontes het en ongesonde diere as lekkernye verorber.

Die onlangse uitbreking van bek- en klouseer het juis die soeklig op dieregesondheid laat val. Voorheen het ons ook al te doen gehad met voëlgriep, wat tot groot verliese vir hoender- en volstruisboere gelei het. Netso het die varkgriep varkboere sleg geraak.

Met die bek-en-klouseer het die hele rooivleis bedryf seer gekry, en hierdie keer is die veilingshuise ook getref nadat die minister alle veilings gestop het.

Uiteraard moet so n siekte met mag en mening aangepak en in die kiem gesmoor word. Maar as die regering se beheer maatreëls deurentyd in plek sou gewees het, sou die situasie dalk nie eens ontstaan het nie, of ten minste anders aangepak gewees het.

Nou is die veilings weer aan die gang alhoewel beheer maatreëls wat die regering se verantwoordelikheid is nog nie in plek is nie.

Een ligpunt is dat die LUR vir landbou in Limpopo skynbaar ernstig is dat die siekte in die provinsie uitgeroei moet word. Volgende week is daar n beraad wat gaan ontleed wat gebeur het, en strategieë gaan uitwerk om n toekomstige probleem te verhoed. Wat verder verblydend is, is dat veral kommersiële boere, deur georganiseerde landbou, genooi is om hulle insette te lewer.

Ten minste is dit dalk n beskeie eerste stap om die belangrikheid van die kommersiële boer te erken en te waardeer. Maar dit is ook vir onbetrokke boere juis daarom belangrik om betrokke te wees by georganiseerde landbou, wat strukture op grondvlak het.


Lees verder

Current track

Title

Artist