George-tragedie: 33 mense dood

Deur on

15 Mei 2024

Terwyl die aantal sterftes in die George gebou-tragedie tot 33 gestyg het, duur opruimingswerk voort op die perseel in Victoriastraat waar dié half-voltooide woonstelblok verlede Maandag inmekaar gestort het.

Van die oorledenes is 27 mans en ses vroue.

Volgens die departement van internasionale betrekkinge en samewerking sal daar teen die naweek begin word om die oorskot van die slagoffers na hul lande van herkoms te repatrieer.

Hoewel daar nog 19 konstruksiewerkers vermis word, is 18 van die oorledenes uitgeken. Onder dié 18 is 14 mans en vier vroue.

Sewe is Suid-Afrikaners, 3 is van Zimbabwe afkomstig, 1 van Lesotho, 5 van Malawi en 2 van Mosambiek.


Current track

Title

Artist