<--Google Webmaster Tool-->

Geloftefeeste

ROODEBANK:

By die Val Boeredagterrein, teen die R547. Verrigtinge begin om 9:30. Bring en braai na afloop van verrigtinge.  Braaiers en bykosse word voorsien. Skakel Johann Pistorius by 0836308090.

CENTURION:

Gereformeerde Kerk Centurion, Basdenlaan 224, Lyttelton (voorheen by Rooihuiskraalterrein) Aanvangstyd: 9h30, Geloftediens: Ds Gideon du Toit, Feesrede: Gelofte: Christo Rabie, Die verrigtinge sal ook gestroom word op stroom.gkcenturion.co.za, Bring en Braai na die tyd! Vuur en braaiers sal voorsien word, Kontakpersone:        Charl van den Bergh 072 698 7956, Paul Retief 082 562 9845.

SILVERTON:

Pionierhuismuseum – terrein in Silverton VANAF 9:00  Dit neem die vorm aan van `n erediens en samesang. Die prediker is ds. Hannes van der Merwe. Bring asseblief stoele saam en `n kollekte word opgeneem.  Verversings word na die tyd bedien.   

BRONKHORSTSPRUIT:

Welverdiend Voortrekkervereniging te Wachtenbietjieskop terrein vanaf 09:00
Erediens: Ds. Dirk Dykstra, Spreker: Dr. Nicol Stassen. Braaipakkies, pap, sous, slaaie, koffie, tee en koeldrank word gratis deur kommitee voorsien. Bring eie eetgerei en stoele saam. Perderitte en Boeresport word vir die kinders aangebied. Kontak persoon: Callie Geldenhuys 083 391 1652

VILLIERS:

MIDDELSPRUIT Geloftefees, herdenk ons die Gelofte en bewaar ons ons erfenis al vir 130 jaar. Daar is iets vir almal. Van 4×4 tot kleiduifskiet en volkspele. Kom kamp saam met ons vanaf 15 – 19 Desember en vier saam fees op die Afrikaner-manier. Kontak nommer Jaco vd Berg 082 410 8075.

VOORTREKKERMONUMENT:

Geloftedag is vanjaar ’n weeklange Geloftefees, een van die grootste samekomste van die jaar vind plaas vanaf 9 tot 16 Desember by die Voortrekkermonument. Kom smul aan heerlike verversings en geniet verskeie aktiwiteite vir die jongspan en die hele gesin. Die Gelofte sal elke aand seweuur afgelê word waarna Kanon Susanna sal brul. Kontakpersoon: Gerhard Pretorius 083 789 1985

PALALA NABY ELLISRAS:

Palala- Sarahbell Geloftefees, gelëe naby Ellisras. Fees begin om 9:00, Erediens word gelei deur Ds Attie Boshoff (AKP) vlaghysing, samesang en voordrag. Die feesrede word gelewer deur Ds Attie Boshoff, bevestiging van die Gelofte om 12:00, daarna word middag ete en verversings voorsien. Navrae: Johan vd Merwe 084 515 7732Afrikaanse Protestantse Kerk, Oos-Rand.

ALBERTON:

Kerkterrein:  Bloekomlaan 24, Generaal Albertspark, Alberton. Tyd: 09:30, Geloftediens en Gelofterede: Ds. Andrè van den Berg, Gelofterede: Tema  “Wonderlike herinnering of heilige verpligting? Navrae: Chris Janse van Vuuren 082 901 0508

CEDERBERG EN CLANWILLIAM:

Geloftefees by Seekoevlei sedert 1938. 10 km buite Clanwilliam op die Graafwaterpad, 11:10 Erediens en Gelofte aflegging (Ds. Leon Venter van Graafwater) 12:00 Ligte middagete en nabetragting (Worsbroodjie en vrugte) Navrae: Hendrik le Roux 067 777 7772 / Jozua Visser 073 660 1234 / Andries Olivier 082 825 2632

DOORNKLOOF, VRYSTAAT (LINDLEY OMGEWING)

Kom geniet die Geloftefeesvieringe in die hartjie van die Vrystaat op Doornkloof Voortrekkerplaas in die Lindley omgewing (vind dit op GoogleMaps)
Kom slaap oor, geniet ‘n spitbraai, bekyk die museum of waardeer die natuur op hierdie ikoniese Voortrekkerplaas.
Gratis skaapbraai ete na die verrigtinge. Gratis kindervermaak. Almal is welkom!
Navrae: Helga Wessels 083 388 0289 of Mindus Crous 082 314 3819

SMITSFIELD (ERMELO OMGEWING)

15 Desember: 17:00. Kort opening, biduur en waarna die kinders van die feesgangers
gediggies sal voordra Ongeveer 25km vanaf Ermelo op die Lothairpad. Saamkuier – vanaf 17:00. Alles word voorsien. Jy mag eie drinkgoed saambring. ALMAL WELKOM.

16 Desember: 10:00, Geloftediens – ds Johan Kemp, Vlagparade en afvuur van Sarel Celliers se Sanna. Ete: Elkeen bring ‘n vleisbord, ‘n slaai, en ‘n nagereg, Navrae: Dale Groenewald 082 925 5123, Morne Engelbrecht 82 784 5248 of Magdaleen Neethling 082 800 779

BOKFONTEIN (DISTRIK BRITS)

Op die R104 rigting Rustenburg Plaas G24-31.
Die Gelofte en afhanklikheid aan God is ons fokus met vanjaar se tema: Hou Koers.
Tyd – 8:30 vir 9:00. Prediker – Ds. Thom Schutte, Spreker – Mnr. Jaco Cilliers. Bring ‘n bordjie soet of sout vir die teetafel terwyl die kinders boeresport speel tydens teepouse, bring jou stoel of kombers om onder die bome te sit. Navrae: David Scribante: 0731954359

ALLDAYS (ROSS THOM SAAL)

15 Des. 16:00, Boeresport, Jukskei, kettie skiet, sakresies, toutrek ens, Braai met bykosse word gratis voorsien, bring eie drinkgoed. 16 Des. 9:00, Aflees van gelofte, Geloftediens: Ds Retief Gouws, Alg vergadering, saam kuier en verversings. Almal welkom. Navrae: Doline Myburg 072 556 0612

KAREEKUIL GELOFTEFEES

Die Geloftefees-Herdenkingskomitee nooi u hartlik uit om vanaf 10:00 saam die dag te kom herdenk. Plek: Die winkel langs Herman Kriel se huis. (Dit was altyd Oom Kosie Kriel se winkel) Ete na die diens. Bring eie eetgerei en drinkgoed.

WELVERDIEND GELOFTEFEES

Die diens word om 10:00 gelei deur Ds Abraham Kruger van die Gereformeerde Kerk Wolmaransstad. Plek: Welverdiend Geloftefees saal. Bring en braai: Na afloop van die diens braai ons ‘n vleisie saam, bring eie vleis, drinkgoed, eetgerei en stoele. Bykosse sal beskikbaar wees.

DOORNPAN GELOFTEFEES

Plek: Doornpan Feesterein, Prediker: Past Jan Le Roux. Oorsig van gelofte: Dries Terblanche. Gaskunstenaars: Hannes & Danielle, Vinger ete na afloop van verrigtinge (bring eie eetgerei) Navrae: Willem Grobbelaar 083 264 2472 / fb: Doornpan Geloftefees

DIE LETABA FEESKOMITEE (TZANEEN)

Kom herdenk die gelofte van Die Gelofte van 16 Desember 1838 saam met ons, en gee al die lof en eer aan God vir die oorwinning by die slag van bloedrivier. Tyd: 9:00 vir 9:30. Plek: Tzaneen, Fonteinplaas ou NG Kerk Kampterrein. Erediens: Ds Francois Marais, Emeritus Predikant van die APK Koedoesrand. Spreker: Carel van der Grijp. Navrae: 081 323 9938 / 079 640 1906

SOEKMEKAAR

ou Hervormde Kerk, Tyd: 10uur, RSVP: Per whattsapp asb voor 10 Desember. Voorsitter: Kosie Eloff (084 524 9304)Sekretaresse:Salome v Rooyen (063 103 0833)

PRETORIA VOORTREKKERMONUMENT

Geloftefees saal, Tyd: 9:00. Bring en braai na die diens, roosters en kole word voorsien, die res moet u asb self saambring. Navraag Jan Boshoff 082 388 0912

Pala Sarahbell Geloftefees

Program: Erediens en Spreker: 09:00 Ds Attie Boshoff (APK predikant Pretoria Oos) Samesang: Voordrag. Lees van die Gelofte 12:00, Vleisbraai na die tyd. Navrae: Johan vd Merwe 084 515 7732 / Kobus vd Merwe 084 515 7162

Rodora Boeresaal. (Randfontein/Carletonville)

Die verrigtinge begin om10h00.  Diens word waargeneem deur Ds Willem Kok.

Pietermaritzburg

Plek: NG Kerk Pietermaritzburg Noord (oorkant botaniese tuine) Tyd: 9 vm, Erediens: Ds Louis van der Walt, Navrae: Louis Radyn 082 857 2260

VAALMARINA

09h00 – Opelug Geloftediens by “Die Stasie” op Vaalmarina. Na die diens – Trekker met sleepwa vertrek na kranslegging en die ou Lombard Voortrekker opstal en grafte op plaas Koppiesfontein. By die ou opstal volg ‘n Vertelling van die Groot Trek, 12h00 – bring en braai, bring eie stoel en eetgerei. Diens: Ds. Dirk du Preez. Kranslegging en vertelling: Fred Kleynhans. Hierdie is ‘n opelugdiens net soos wat die gelofte afgelê is ten tye van die voorbereidings vir die Slag van Bloedrivier. Die Stasie het ‘n groot tuin en die diens word in die tuin gehou. Beperkte “Gazebo’s” sal opgeslaan word maar u is welkom om u eie gazebo/sambreel te bring. Pap en sous is gratis besikbaar. Koeldrank en koffie sal te koop wees. Navrae: Fred Kleynhans 082 883 8341 fredtk1955@gmail.com

Roodebank Geloftefees

Ons nooi u om op 16 Desember saam met ons die Gelofte te kom herdenk by die Val Boeredagterrein, teen die R547. Verrigtinge begin om 9:30. Bring en braai na afloop van verrigtinge. Braaiers en bykosse word voorsien.
Navrae: Johann Pistorius by 083 630 8090.

BRONKHORSTSPRUIT

NG Kerk Nooitgedacht net buite Bronkhorstspruit, Na afloop van die program sal tee/koffie en verversings in die tuin bedien word. Program: 8:00 Aankoms en Samesang, 9:40 Spreker: Louis Bester van De Wildt, Tema: Bloedrivier: “Was dit werklik ’n oorwinning?” 10:10 Feesrede: Ds. Peter Venter van Witbank, Voorlees van “DIE GELOFTE” Sing van “DIE STEM VAN SUID-AFRIKA” Opneem van kollekte, 11:30 Tee/Koffie en verversings en video speel vir kinders en jeug, Navrae: Susan susankantoor@hvrboerdery.co.za

MONTANA PRETORIA

Plek: Magaliessig Kerk (Breed Str 850, Montana, Pretoria) Tyd: 10:00, Spreker: Ds Werner van Wyk, Tema: “In die skaduwee van die Almagtige” “Ons het niks te vrees vir die toekoms nie, tensy ons vergeet hoe die Here ons gelei
en onderrig het in ons verlede.” Navrae: 084 206 6542

VILJOENSKROON

Die ou Veekraal, groot stoor met outydse Ossewaens, rytuie en perde en groot swemdam, net 3 min vanaf Viljoenskroon. Navrae: Cor Roos, 079 911 8520.

NIGEL / DEVON

Ons eer ons Gelofte, in die bos! Diens: 10:00 Prediker: Ds Frans Ras van die NHK, op die plaas Leeuwfontein, 8 km op die Nigel / Devon pad. Bring eie piekniekmandjie, stoel, vleis en drinkgoed saam, vure sal beskikbaar wees vir die wat wil braai na die tyd. Navrae 084 284 3922.

SUIKERBOSRAND FEESTERREIN

Kom betaal jou Gelofte, Donderdag 16 Desember. Verrigtinge begin om 10:15 na die perde kommando en knal van die kanon. Diens: Ds Simon Hibbert, Gereformeerde Kerk Koster, Gratis Gemmerbier! Kos, koeldrank en water teen billike pryse. Navrae: Jakkie Jordaan 083 941 0286 / Lemont Kriel 084 511 4759

KLEINFONTEIN

9:30 Aankoms en inneem van plekke, 9:45 Historiese vertelling: Mnr Francois vd Merwe, Geloftediens: Dr Johan Otto, 12:00 Bevestiging van die Gelofte. Bring jou piekniekmandjie, kampstoel en kuier saam na die diens, u kan gerus die Monument van die Drie Geloftes en die borsbeeld van oudpresident Paul Kruger in die Kleinfontein gedenktuin gaan besigtig.

POOI SE PLAAS, NOOITGEDAGHT

Die plaas is 5km van die stop by Endicott rigting devon op die R29 pad. Daar is n Gelofte diens en ‘n kransleging daarna by die monument na die verigtinge is daar worsbroodjies pannekoek ens te koop daar is ook braaiers vir die wat n vleisie wil bring om te braai. GPS Koordinate 26°19’22.8″S 28°38’54.5″E. Navrae: Adel 083 702 3779

VASTFONTEIN

U word hartlik uitgenooi na die Geloftediens 16 Des te Plot 74, Geelhout laan Vastfontein. RSVP voor 13 Desember by Dominique 082 771 3194

KEMPTON PARK

Gereformeerde Gemeente, h/v Highveld en Huggetstrate, Diens 9:00, Ds Riekert Pelser, Daar sal ‘n vrywillige kollekte opgeneem word. Navrae Roelof Burger 082 566 4805

SECUNDA – TRICHARDT OMGEWING

Twee dienste vir die Secunda-Trichardt omgewing word aangebied op 16 Desember om 9:00. Die Gelofte word gelees en die 4de strofe van Die Stem van Suid Afrika gesing. Een diens vind plaas by NG Secunda-Oos, h/v Lateganstraat en Stanfordstraat, gelei deur Ds. Anton Knoetze. Die kollekte word aangewend om alle kostes verbonde aan die diens te dek en die oorskot word geskenk vir Bybelverspreiding deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika en die Gideons in SA. Navrae Kerkkantoor: 017 634 7518

Die ander diens vind plaas in die Hervormde Kerk van Secunda en word gelei deur Ds. Martin Meyer.
h/v Eric Louw- en Rissikstraat (langs Laerskool Secunda) Navrae: Ernst 082-663-9408.

VILLIERS / CORNELIA OMGEWING

Middelspruit Geloftefees vier vanjaar sy 130ste bestaansjaar. Die Feesterrein is geleë tussen Villiers en Cornelia in die Noord-Oos Vrystaat. ‘n Volledige Feesprogram is beskikbaar op ons Middelspruit Geloftefees facebook blad. Die Feesprogram sluit ondermeer ‘n Geloftediens om 10H00 en ‘n Feesrede gelei deur Barend Uys van Afriforum op 16 Desember. Navrae: 082 410 8075

DELMAS

APK, Diens: 8:00, Prediker: Prof Koos Adendorff, Navrae: Annatjie Bothma 083 415 1470

Krantzkloof NG Kerk Hillcrest, Tyd 08:30, Prediker/Spreker: Dr Frans Budding, Navrae: Louis Radyn 082 857 2260

WILGEFONTEIN GELOFTEFEES

Op die Greylingstad / Villiers pad. Samesang 9:30 tot 10:00, Diens: Ds Samuel Louw, Spreker: Ludwig Ankiewicz, Na afloop van die verrigtinge gaan ons ‘n heerlike feesmaal geniet. Navrae: Barrie Cronjè 082 964 1527 / Sunè du Preez 082 522 7367

KEMPTON PARK

APK Geloftediens om 09:30. Diens word gelei deur prof Johan Schϋtte, Direkteur van Kerkadministrasie van die APKerk. ‘n Kollekte word opgeneem. Verversings na die diens. Navrae: Marietjie Snyman 082 879 7645

PRETORIA – NOORD

Gereformeerde Kerk, Adres: Genl. Beyersstraat, Wonderboompoort. Tyd: 9:00, Diens: Ds Lourens Venter, Herbevestiging van die Bloedriviergelofte 10:30` Samesang Video wat die Gelofte-geskiedenis vertel. Daar sal geen Piekniek-ete wees nie. Navrae: 082 670 1961





Current track

Title

Artist