Gauteng skole-aansoekproses begin eerskomende Donderdag

Deur on

9 Julie 2024

Ouers van voornemende graad 1 en graad 8 leerlinge kan vanaf Donderdag, 11 Julie aansoek doen vir plekke in skole vir hulle kinders in 2025.

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Matome Chiloane het vanoggend tydens ‘n mediakonferensie gesê die doel van die provinsie se aanlyn-aansoekproses is om dit so maklik moontlik vir ouers te maak om toe te sien dat hulle kinders plekke in die skole van hulle keuse kry.

Hy sê ondanks probleme in die verlede is sy departement vol vertroue dat die aanlynstelsel vanjaar beter gaan funksioneer sonder ernstige probleme.

Volgens Chiloane moet ouers en voogde veral toesien dat hulle huisadres reg ingevul is, en dat hulle selfoonnommer aktief is omdat die departement deurlopend gaan kommunikeer met aansoekers deurmiddel van ‘n selfoonnommer.

Hy het weer ‘n beroep op ouers gedoen om te onthou om gesertifiseerde dokumente by hulle aansoeke in te dien.

Die aansoekproses open 11 Julie om 08:00 en sal om middernag op 12 Augustus sluit. Chiloane sê sy departement sal op 16 September begin om kinders in skole te plaas.


Current track

Title

Artist