Franse mediahuis koop nóg MultiChoice-aandele

Deur on

12 April 2024

Die Franse mediareus, Canal+, het nóg 5% van MultiChoice se aandele gekoop, wat beteken dat Canal+ se belange nou op 40,1% staan. 

Volgens die Oorname-reguleringspaneel het Canal+ die afgelope drie dae onderskeidelik R442-miljoen, R116-miljoen én byna R500-miljoen aan aandele bestee. Dit is ‘n totale uitgawe van byna R1,1-miljard.

Canal+ se belang in MultiChoice is nou sowat 117-miljoen aandele, wat tans sowat R21,2-miljard werd is.

Volgens Canal+ is daar steeds 326-miljoen aandele wat hy wil aankoop. DStv én Showmax word deur MultiChoice besit.


Current track

Title

Artist