Floyd Shivambu verruil die EFF vir die MK-party

Deur on

15 Augustus 2024

Die EFF se adjunk-president, Floyd Shivambu sal voortaan ‘n lid van die MK-party wees.

Die EFF-leier, Julius Malema het vroeër tydens ‘n mediakonferensie aangekondig dat Shivambu nié sy EFF-lidmaatskap hernu het nie, en dat hy hom by oud-president Jacob Zuma se party aangesluit het.

Die MK Party het ook in ‘n verklaring bevestig dat Shivambu, sowel as Mzwanele Manyi nou lede is van dié party. Dit is nie seker wat hulle rol in die party sal wees nie, en daar is bloot gesê hulle sal ontplooi word waar die MK Party hulle nodig het.

Shivambu sê dit gaan nie vir hom daaroor om ’n pos te bekom nie, maar om ’n bydrae te lewer tot die progressiewe politiek in Suid-Afrika.

Malema het in reaksie gesê die party moet voorbereid wees op nog meer lede wat uit die party gaan bedank.

Hy meen dit was ‘n groot skok vir die party, maar dat daar niks is wat hulle kan doen aan Shivambu se persoonlike besluit om by die MK Party aan te sluit nie.

Hy sê die uittog van senior lede van die EFF is ‘n toets vir die party wat hy sal moet slaag, anders gaan hy sterf. Malema het bygevoeg dat hy nooit die EFF sal verlaat nie, selfs al is hy die enigste lid oor in die party.


Current track

Title

Artist