Fase 3-beurtkrag ingestel

Deur on

10 Junie 2021

Eskom het fase 3-beurtkrag vanaf 08:00 uur ingestel en meen dit sal tot 22:00 vanaand duur.

Dit kom nadat die kragvoorsiener gister noodgedwonge fase 4-beurtkrag moes instel, maar aangevoer het dat dit ná 22:00 gisteraand terug sou keer na fase 2.

Volgens Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha sal fase 2, na verwagting weer na 22:00 vanaand geld.

Hy sê in ‘n verklaring dat nog kragopwekkingseenhede by Kusile, Matla en Tutuka kragstasies gebreek het, wat hom met geen ander keuse laat as om fase 3-beurtkrag vir die hele dag in te stel nie.

Eskom het gister gesê dat die groter aanvraag na elektrisiteit in die winter ook bydra tot die druk op die kragnetwerk.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.


Current track

Title

Artist